Aangaande Christen Kerke van God in Suid-Afrika

Suid-Afrika is aangewys vir die koördinasie van die kontinent van Afrika. Ons lidmaatskap,wat uit twee groepe bestaan, vergader elke Saterdag, Heilige dag en Nuwe Maan dag in Kempton Park (Gauteng) en (Summerstrand) Port Elizabeth.

Dienste is gewoonlik vanaf 14:00 tot 16:00, waarna lede oor `n koppie tee saam verkeer.

Vir kontak besonderhede en inligting oor leraars klik hier.

CKG Algemene inligting
    Deur middel van vakkundige Bybelstudie artikels word die oorspronklike geloof, soos deur die Messias en die apostels onderrig, geleer.
    Hou die doktrines gemeen aan die geloof sedert Messias en die apostels vir twee duisend jaar (Verwys na artikel "The Role of the Fourth Commandment in the Historical Sabbath-keeping Churches of God" [170] ).
    Het Konferensies in Australië, Noord-Amerika, Europa, Afrika, Asië en die Stille Oseaan, waar mense in getalle groei reg rondom die wêreld.
    Is aktief besig met die vertaling van al die literatuur in verskeie tale van die wêreld, wat beskikbaar is by die Christen Kerke van God Multitalige Webtuiste.
    Word beheer deur Uitvoerende Komitees wat deur die lede verkies word.
    Het verkose algemene koördineerders en nasionale en area koördineerders vir dag tot dag bestuur.
    Niemand word betaal om leraars of priesters te wees nie. Die diens is taak georiënteer.
    Het nie `n ministeriële hiërargie soos gewoonlik onder hoofstroom organisasies verstaan word nie.
    Leer dat elke gedoopte individu direkte en onmiddelike toegang tot ons Vader het deur die Messias, sonder om deur menslike priesters of leraars te gaan.
    Leer dat daar net twee sakramente deur die Messias gegee is (sien artikel "The Sacraments of the Church" [150]).
    Verwelkom navorsing. (Sien kontak besonderhede vir e-pos en pos adresse).
    Voorsien alle literatuur sonder koste. Die lidmate en vriende voorsien in die befondsing van alle onkoste. Geen betaling mag gevra word van ontvangers nie.
    Hou die oorspronklike volgorde van die Heilige Dae soos uiteengesit deur die apostels en die Messias met inbegrip van die weeklikse Sabbatte, die Nuwe Mane en die jaarlikse Sabbatte, volgens die Bybelse manier (verwys na artikel "God`s Calender" [156]).
    Voorsien al die navorsingswerk artikels in beide HTML en MS Word weergawes. Gaan na die Bybel Studie Artikels koppel vir `n volledige lys van al ons navorsingswerk artikels.