Welkom tot die Christen Kerke van God Suid-Afrika




CKGSA is `n klein groepie toegewyde lede in die liggaam van Christus. Ons is verbind tot die studie van Bybelse waarhede en om dit tot hierdie volk te bring.

Voel asseblief vry om op hierdie webtuiste rond te blaai, en as u enige Bybel vrae het, klik asseblief hier om jou vraag aan een van die koödineerders voor te lê.
   



[Terug na hoofdokument] [Volgende Heilige Dag]

Die Paasfees

Die Opdrag van God:
Lev 23:5 "In die eerste maand, op die veertiende van die maand, teen die aand, is die Pasga van die HERE."

Die dag om hierdie jaar te hou: Nagmaal - Saterdag 3 April 2004 (Hou Vry. Aand); Pasga - Sondag 4 April 2004

Die simboliek
Die simboliek van die Paasfees is die reiniging van Sonde.
Elke jaar was die Israeliete beveel om `n lam sonder gebrek te offer.Hierdie lam was spesiaal opsy gesit op die 10de dag van die maand, en wanneer geoffer, moes die bene nie gebreek word nie en geen vleis mag ook oorbly tot die môre nie.

Die offerande van die Pasga Lam stel die kruisiging van Christus voor. Christus is die Pasga Lam sonder gebrek (1Pet. 1:19), en om die profesie te vervul was sy bene nie gebreek nie (Joh.19:36).

Geestelike Israeliete voer nie die fisiese offerande uit nie, aangesien die offerande deur Christus se kruisiging vervul is (Heb. 7:25-27), maar ons hou wel die Pasga seremonie, en die dag bly Heilig.

Verdere Bybel lesing
Deut. 16, Luk. 22, Joh. 13.

Volledige artikels oor die Paasfees
Die Pasga (Nr. 98)
Die Teken van Jona en die Geskiedenis van die Herbou van die Tempel (Nr. 13)
Tydsbepaling van die Kruisiging en die Opstanding (Nr. 159)
Die dood van die Lam (Nr. 242)

[Terug na hoofdokument] [Volgende Heilige Dag]

Die dae van Ongesuurde Brode

Die Opdrag van God:
Lev 23:6 "En op die vyftiende dag van hierdie maand is die fees van die ongesuurde brode van die HERE ; sewe dae lank moet julle ongesuurde brode eet."

Die dag om hierdie jaar te hou: Sondag 4 April 2004 - Saterdag 10 April 2004

Die simboliek
God het die Israeliete beveel om Egipte te verlaat en koers vat na die Beloofde Land. Die dae van ongesuurde brode dui die begin van hulle reis na die Beloofde Land aan.

Op dieselfde manier moet geestelike Israeliete begin met hulle reis na die Beloofde Land-Die Koninkryk van God. In hierdie fees stel suurdeeg sonde voor. Dus eet ons ongesuurde brood vir 7 dae, wat die aflê van sondes uit ons lewens simboliseer, in voorbereiding vir die Koninkryk van God waarheen ons op pad is.

Net voor die reis begin, word ons sondes skoon gewas deur die bloed van die Lam (Christus as die Pasga Lam), so het ons geen suurdeeg of sonde nie, en ons moet strewe om dit so te hou.

Verdere Bybel lesing
Ex.12, Deut.16.

Volledige artikels oor die dae van Ongesuurde Brode
Die Heilige Dae van God (Nr. 97)
Resepte vir die dae van Ongesuurde Brode (Nr. R2)