Christelike Kerke van God

[A1]

Geloofsbriewe van die Christendom [A1]

Christian Churches of God

Posbus 369, WODEN ACT 2606, AUSTRALIA

E-mail: secretary@ccg.org

 

(Kopiereg ã 1994, 1995, 1996, 1997)

Hierdie artikel mag gratis gekopieër en versprei word, mits dit in sy geheel weergegee word, sonder veranderings of weglatings. Die naam van die uitgewer en kopiereg moet vermeld word. Geen betalings mag gevra word van diegene wat die kopie ontvang nie. Kort aanhalings word toegestaan in resensies en oorsigte sonder om kopiereg te skend.

Hierdie artikel is verkygbaar van die wêreld Wye Web by:

http://www.logon.org and http://www.ccg.org

 

Geloofsbriewe van die Christendom [A1]

Inhoud

Inleiding

Hoofstuk 1. Die Godheid

1.1 God die Vader

1.2 Jesus die Seun van God

1.3 Die Heilige Gees

1.4 Die verhouding van die Heilige Gees tot Christus en die mensdom

1.5 Die verhouding van Christus, Satan en die Hemelse Leërskare tot God

1.5.1 Christus as die Seun van God

1.5.2 Die leerstelling van die Antichris

1.5.3 Die Naam en die Sowereiniteit van God

Hoofstuk 2. Die Plan van Verlossing

2.1 Die val van die Mens

2.2 Die verlossing van die Mensdom

2.3 Die Bybel as geïnspireerde waarheid

2.4 Berou en bekering

2.5 Doop

Hoofstuk 3. Leerstelling oor Persoonlike Verantwoordelikheid

3.1 Gebed en aanbidding

3.1.1 God as oogmerk van gebed en aanbidding

3.1.1.1 Die doel van aanbidding

3.1.1.2 Die doel van gebed

3.1.1.3 Persoonlike en gesamenlike gebed ter wille van andere

3.2 Die verband tussen saligmaking en die Wet

3.2.1 God is ons Rots

3.2.2 Saligmaking deur genade

3.2.3 Verpliginge onder die Wet

3.2.3.1 Waarom Christene die Wet hou

3.2.3.2 Christene as die Tempel van God

3.2.4 Die Tien Gebooie

3.2.5 Ander Wette wat die menselike gedrag reguleer

3.2.5.1 Die voedselwette

3.2.5.2 Die Sabbat

3.2.5.3 Die Nuwe Maan

3.2.5.4 Die jaarlikse Heilige Dae

3.2.5.5 Huwelik

3.2.6 Finansieële rekenskap

3.2.6.1 Teenoor God

3.2.6.2 Teenoor andere

3.2.7 Oorlogvoering en stemming

3.2.7.1 Oorlogvoering

3.2.7.2 Stemming

Hoofstuk 4. Leer aangaande die Messias

4.1 Die voorbestaan van Christus

4.2 Die kruisiging en opstanding

4.3 Die wederkoms van Christus

4.4 Die duisendjarige regering van Christus

Hoofstuk 5. Die Vraagstuk van die Boosheid

5.1 Die ontstaan van boosheid deur die rebellie van die Hemelse Leërskare

5.2 Die leerstelling aangaande die voorbestemming of predestinasie

5.3 Die status van die dooies

5.4 Die opstanding van die dooies

5.5 Die straf van die goddeloses

Hoofstuk 6. Die Gemeente

6.1 Wie of wat is die Gemeente?

6.2 Gemeente organisasie

6.3 Doel en taak van die Gemeente

6.4 Heiligmaking

Hoofstuk 7. Die Koninkryk van God

7.1 Die vestiging van die Koninkryk van God

7.1.1 Die geestelike Koninkryk

7.1.2 Die duisendjarige regering van Christus

7.1.2.1 Die wederkoms van die Messias

7.1.2.2 Die insameling van Israel

7.1.2.3 Die Dag van die Here

7.1.3 Die ewigdurende Koninkryk van God

7.1.3.1 Die koms van God

7.1.3.2 Die nuwe aarde en die nuwe Jerusalem

7.1.3.3 Die eindbestemming van die mensdom

Appendiks *******

Inleiding

Sewentien honderd jaar lank was die Christendom verbonde gewees aan ’n teologiese sisteem wat sy oorsprong het in die Griekse filosofie en die neo-Platonistiese denkpatroon. Die unitere eenvoud van die Bybelse boodskap en die samehang van God se openbaring aan die mens in beide Testamente was verander en verduister ter wille van mag en oorheersing van die destydse wêreld.

Die uiteindelike gevolg was die verstandhouding wat vasgelê was in die beraadsverslag van Nicaea (325 CE), Laodicea (omstreeks 366 CE), Constantinopel (318 CE) en Chalcedon (451 CE). Die raamwerk het die begrip van God verander volgens metafisiese denke, met die Drie-eenheid as die eindresultaat. Die Beraad van Laodicea (geloofsreel 29) het ook die Sabbat afgeskaf, met straf in geval van oortreding, terwyl die gebruiklike heidense feeste ingestel was vanaf die sondagsviering tot die sonfeeste in Desember, en die paasfees in plaas van Pasga. Wat ook verander was, is die manier waarop die Bybelse sisteem en Wet verstaan moes word. Die Wet wat aan Moses gegee was, is nie langer as van belang beskou nie, en die verstandhouding van Nuwe Testament verse was verander om bestaande heidense praktyke te regverdig.

So was byvoorbeeld die voedselwette afgeskaf deur die verkeerde toepassing van Handelinge 10 en ander tekste. Die effek op die menselike gesondheid was onmiddellik merkbaar. Die uiteindelike invloed op die omgewing sou na byna tweeduisend jaar duidelik sigbaar word. Die ineenstorting van die voedselketteng is in 'n groot mate te danke aan die eet van voedsel wat verbode is volgens Bybelse wette.

Die agteruitgang van die ekologie van die landbou kan slegs nou in sy volle omvang gemeet word. Die land is nou uitgeput, omdat die Bevrydingsjaar (Jubileum) en die Sabbatjaar verontagsaam was. Dit is onlosmaakbaar verbonde aan die Bybelse kalender, wat gebaseer is op die negentienjarige siklus van die maan. Die instelling van die sonkalender was op homself die belangrikste stap in die verdere vernietiging van die begrip van die wisselwerking van patrone en siklusse, wat God ingestel het vir harmonie met die natuur.

Die moderne Christendom het wynig in gemeen met die oorspronkelike Christendom. Die opkoms van Islam en die latere oorloë met Islam kan geargumenteer word as die direkte gevolg van die vals Christelike sisteem. Dit was ingevoer na Europa en Wes Asië vanuit die Griekse teologiese sisteem, deur die Kappadosionese teologie te gebruik, wat gebaseer was Openbaring die Drie-enige God en die poging tot die raaiselagtige verborge eenheid met God en as God.

Die Drie-enige sisteem werk net nie. Die eindresultaat van sewentien honderd jaar van hierdie dwaalleer het ons gelei tot aan die rand van die vernietiging van die planeet, en die vervolging van mense wat opreg probeer om die Bybelse Wette te gehoorsaam.

Die doel van hierdie werk is om so duidelik en so eenvoudig moontlik die oorspronklike boodskap van die Bybel en die Nuwe Testamentiese Gemeente onder Jesus Christus en die apostels na vore te bring. Daar sal ongetwyfel verskille met geliefde fabels wees. Dit sal uitgewys word deur wat in hierdie dokument staan. Die dokument is só geskrywe, dat dit die vorm van 'n reeks Bybelse waarhede of omskrywings aanneem, sodat dit so nou moontlik aansluit by die ondersteunende tekste wat aangehaal word. Sodoende vermy die werk dubbelsinnigheid, en is die bedoeling duidelik. Waar moontlik word die volledige reeks tekste oor een onderwerp gegee, om die algemene gebruik van die aanhaling van een enkel alleenstaande teks om dit uit verband te ruk, te vermy. Sommige bybelse tekste is duidelike vervalsings (byv. 1 Johannes 5:7 Ou Vertaling; 1 Timoteus 6:16 Ou Vertaling van Codex A) of verkeerde vertalings (1Korintiërs 15:28 RSV; Openbaring 3:14 Nuwe Vertaling, en NIV onder andere). Die doel was om verse te ontken wat teenstrydig is met populêre opvattings, of om verse so te verdraai dat dit die Drie-eenheid of die Kappadociëse sisteem ondersteun wanneer dit in isolasie gebruik word.

Wanneer die Messias terug kom, sal Hy die volledige sisteem van die Wet wat Hy vir Moses op Sinai gegee het, weer instel. Dit is die plig van elke Christen om die leefwyse en aanbidding, wat in die Bybel verduidelik word, te verstaan en toe toe te pas. Die Christen is dit aan God veskuldig om Christus se manier van leef na te streef, en om volgens die sisteem te leef wat Christus ingestel het en waarvolgens Hy geleef het as 'n mens, en ook selfs voor Sy eerste koms. Hierdie werk word daaraan toegewy om die hele sisteem samenhangend en herkenbaar daar te stel, sodat die vals sisteem van sewentien honderd jaar uit die weg geruim kan word, en die oorspronklike en ware weg herken en toegepas kan word in die lewens van alle mense, ongeag van wat hulle in die verlede gedoen het. Ons taak is om mense te roep tot berou en bekering, en vernuwing van hulle lewens.

 

 

 

 

 

Hoofstuk 1

Die Godheid

 

1.1 God die Vader

Die Hoogste Godheid van die heelal is God. Hy is die Almagtige, die Skepper en Ondersteuner van die hemel, die aarde en alle dinge daarin (Genesis 1:1; Nehemia 9:6; Psalms 124:8; Jesaja 40:26,28; 44:24; Handelinge 14:15; 17:24-25; Openbaring 14:7). Hy alleen is onsterflik (1 Timoteus 6:16). Hy is ons God en Vader en die God en Vader van Jesus Christus (Johannes 20:17). Hy is die Allerhoogste God (Genesis 14:18; Numeri 24:16; Deuteronomium 32:8; Markus 5:7) en alleen die Ware God (Johannes 17:3; 1 Johannes 5:20).

1.2 Jesus die Seun van God

Jesus is die eersgebore of verwekte (proototokos) van die skepping (Kolossense 1:15), en dus die begin (arche) van die skepping van God (Openbaring 14). Hy is die eniggebore (monogene) Seun van God (Matteus 3:17; Johannes 1:18; 1 Johannes 4:9), verwek deur die Heilige Gees en gebore uit die maagd Maria (Lukas 1:26-35). Hy is die Christus of Messias (Matteus 16:16; Johannes 1:14), gestuur deur God om ons Heiland en Verlosser te wees (Matteus 14:33; Johannes 8:42; Efesiërs 1:7; Titus 2:14). Hy word genoem die Seun van die Allerhoogste God (Markus 5:7). Hy was die aangetoonde Seun van God met mag volgens die Gees van heiligheid deur sy opstanding uit die dood (Romeine 1:4). Die troon van David is aan Hom gegee om vir ewig oor die Huis van Jakob te regeer, en daar sal geen einde aan Sy Koninkryk wees nie (Lukas 1:32).

 

1.3 Die Heilige Gees

Die Heilige Gees (Handelinge 2:4) is daardie wese of krag van God wat Christus belowe het om na die uitverkorenes te stuur (Johannes 16:7). Dit is nie 'n persoon nie, maar die uitbreiding van die lewensgewende krag van God. Dit is die middel waardeur ons deelname verkry aan die Goddelike Geaardheid (2 Petrus 1:4), gevul met die Heilige Gees (Handelinge 9:17; Efesiërs 5:18) en derhalwe Seuns van God (Job 38:7; Romeine 8:14; 1 Johannes. 3:1-2), en mede-erfgename van Christus (Romeine 8:17; Galasiërs 3:29; Titus 3:7; Hebreërs 1:14; 6:17, 11:9; Jakobus 2:5; 1 Petrus 3:7). Dit word deur God gegee aan diegene wat daarna vra (Lukas 11:9-13) en Hom gehoorsaam. Dit woon in diegene wat God se gebooie gehoorsaam (1 Johannes 3:24; Handelinge 5:32). Die heilige Gees is die vertrooster wat God se dienaars lei tot alle waarheid (Johannes 14:16, 17, 26). Die Heilige Gees verleen die krag om te getuig (Handelinge 1:8). Dit administreer die gawes soos genoem in 1 Korintiërs 12:7-11, en dra vrugte soos genoem in Galasiërs 5:22-23. Dit word gegee sonder enige beperking (Johannes 3:34; Romeine 12:6). Dit is die manier waarop God finaal oor alles, deur almal en in almal bestaan (1 Korintiërs 15:28; Efesiërs 4:6).

1.4 Die Verhouding van die Heilige Gees tot Christus en die Mensdom

Die Heilige Gees werk in op die persoon selfs voor die doop. Die Heilige Gees trek die persoon na God deur Christus (Hebreërs 7:25).

Die vroeë vrugte van die Gees word aan 'n persoon gegee ten tye van die doop. Romeine 8:23 sê duidelik dat die aanneeming as 'n kind van God nie gebeur voor ons onverganklikheid verkry het nie.

Ons is dus wedergebore, maar bly daagliks groei in die Gees tot Jesus Christus totdat ons die glory van God verkry. Die Heilige Gees is die Gees van Waarheid (1 Johannes 4:6, 5:6), en deur die Waarheid te spreek in alles, groei ons tot Christus ons Hoof in alle aspekte (Efesiërs 4:15). Die Heilige Gees is die Gees van God (Romeine 8:14) en die Gees van Geloof (2 Korintiërs 4:13) wat alles ondersoek en die diepste geheimenisse weet (1 Korintiërs 2:10-11, 12:3).

Die Heilige Gees is dus nie 'n onafhanklike aspek van 'n drie-enige God nie, maar die metode waardeur ons 'n hemelwese word (Sagaria 12:8). Die Gees herlei 'n insig in ons gedagtes en ons wese, na God. Deurdat dit deur Christus herlei word as ons bemiddelaar (Psalms 45:6-7; Sagaria 12:8; Hebreërs 1:8-9), stel dit Christus in staat om ons te help, te onderrig, te troos, en ons te versterk om deur God se krag voort te gaan. Die Gees gee aan elke persoon die eienskappe wat God verlang om die gemeenskap te bevoordeel soos genoem in 1 Korintiers 12:7-11.

Die Gees kan geblus word (1 Tessalonisense 5:19) deur nalatigheid of teleurstelling (Efesiërs 4:30) en is bewus van vordering of terugslae deur die persoon.

Die vrug van die Heilige Gees is liefde volgens Galasiërs 5:22. Daarom, as ons mekaar nie liefhet nie, is die Heilige Gees nie teenwoordig nie.

Die Gees is die krag waardeur ons God aanbid soos genoem in Filippense 3:3. Dus, dit kan nie self as 'n god aanbid word nie, en is dus nie gelykstaande aan God die Vader nie. Dit is die krag wat Christus volmag gee. Christus is dus 'n Ewigdurende Vader (Jesaja 9:6), een van baie in die hemel en die aarde (Efesiërs 3:15, sien die AV). Christus is dus afgevaardig om Ewige Vader te word.

Al die vaderskappe of families word vernoem na God die Vader, wat die rede is waarom ons ons buig voor God die Vader, en Hom aanbid (Efesiërs 3:14-15).

Christus was die eersverwekte of eersgeborene van die skepping. Alles in die hemel en aarde was vir Hom geskep, alles wat gesien of nie gesien kan word nie. Of dit nou trone of heerskappye of owerhede of magte is, alles was geskep met Sy deelname, en is vir Hom geskep. Hy was voor alles, en deur Hom bly alles in stand (Kolossense 1:16-17). Maar dit was God wat Hom gegenereer het, en wat dit so bewillig het dat die heelal bestaan en in stand bly deur Christus. Derhalwe is Christus nie God op dieselfde wyse wat God die Vader God is nie, want die Vader alleen is onsterflik (1 Timoteus 6:16), en bestaan uit Homself vir ewig.

Christene word uit hierdie wêreld geroep tot 'n lewe van diens en toewyding. Baie word geroep, maar min word uitverkies (Matteus 20:16, 22:14). Christene word uitverkies, soos Christus deur God uitverkies was (Lk. 23:35). Die uitverkorenes was verkies deur Christus (Johannes 6:70, 15:16,19), onder aanvoering van God (1 Petrus 2:4).

Om die Gemeente te ondersteun, word die uitverkorenes, waaruit die Gemeente bestaan, insig gegee tot die geheimenisse van God. Die Heilige Gees is die meganisme waardeur die uitverkorenes die geheimenis van die Koninkryk van God verstaan (Markus 4:11). Want die wysheid van God word as 'n verborgenheid gespreek (1 Korintiërs 2:7), wat deur die diennaars van God verduidelik word (1 Korintiërs 2:7, 15:51). God se Wil word verduidelik as 'n geheim (Efesiërs 1:9) wat God aan sy dienaars gee as 'n openbaring. Voorts is die geheim aan Christus toevertrou gesamentlik met die utverkorenes. Paulus skryf

.... as julle ten minste gehoor het van die bediening van die genade van God wat aan my verleen is vir julle,

dat Hy aan my deur 'n openbaring bekend gemaak het die verborgenheid, soos ek tevore kortliks geskryf het;

waardeur julle, as julle dit lees, my insig in die verborgenheid van Christus kan verstaan,

wat in ander tye aan die mensekinders nie bekend gemaak is nie soos dit nou aan sy heilige apostels en profete geopenbaar is deur die Gees, naamlik

dat die heidene mede-erfgename is en medelede van die liggaam en mededeelgenote aan sy belofte in Christus deur die evangelie (Efesiërs 3:2-6).

1.5 Die Verhouding van Christus, Satan en die Hemelse Leërskare tot God.

Daar is verskye wesens waarna in die Bybel verwys word as Elohim or Theoi, menende gode. Christus was een van hierdie ondergeskikte wesens waarna in die Ou Testament verwys word as Elohim (sien Sagaria 12:8). Christus word in die Nuwe Testament verwys as die nuwe Môrester met Sy wederkoms. Hierdie posisie sal Hy deel met Sy uitverkorenes. (Openbaring 2:28, 22:16).

Volgens die Bybel is God God, en Vader van Christus (Van Romeine 15:6; 2 Korintiërs 1:3, 11:31; Efesiërs 1:3,17; Kolossense 1:3; Hebreërs 1:1 ff; 1 Petrus 1:3; 2 Johannes 3; Openbaring 1:1,6, 15:3). Christus het Sy lewe, krag en outoriteit op bevel van God die Vader verkry (Johannes 10:17-18).

Christus se wil is ondergeskik aan God wat die Vader is. (Matteus 21:31, 26; 3 Johannes 9; Markus 14:36; Johannes 3:16, 4:34). God het die uitverkorenes aan Christus toevertrou. God is groter as Christus (Johannes 14:28) en groter as almal (Johannes 10:29). Daarom het God sy enigste gebore (monogene) Seun in die wêreld gestuur sodat ons deur hom kan lewe (1 Johannes 4:9). Dit is God wat eer en glorie aan Christus verleen (Johannes 8:54), aangesien God verhewe is bo Christus (Johannes 14:28).

God is die Rots (sur) soos 'n Uitgrawing of 'n Berg waarvan al die ander ontgin word, die vuursteen van Joshua 5:2 wat Israel besny, die hoofsaaklike en effektiewe rede (Deuteronomium 32:4). God is die Rots van Israel, die Rots van hulle verlossing (Deuteronomium 32:15), die Rots wat u voortgebring het (Deuteronomium 32:18,28-31). 1 Samuel 2:2 wys dat God ons Rots is, 'n ewigdurende Rots (Jesaja 26:4). Dit is van hierdie rots wat alle ander gevorm is, soos al die afstammelinge van Abraham in die geloof. Die Messias is gewerf van hierdie Rots (Daniel 2:34, 45) om te heers oor die koninkryke van die wêreld. God is die Rots of basis waarop die fondament gelê word, en waarop Christus Sy gemeente sal bou (Matteus 16:18) en waarop hy homself berus. Die Messias is die Hoof Hoeksteen van die Tempel van God, waarvan die uitverkorenes die Naos of allerheiligste is, wat die dryfwerking van die Heilige Gees is. Die stene van die Tempel word almal gesny van die Rots wat God is, net soos Christus, en word aan Christus gegee, die Geestelike Rots (1 Korintiërs 10:4), die rots van ergernis of steen des aanstoots (Romeine 9:33), om die Tempel te vorm.

Christus het die Tempel saamgestel sodat God alles in almal kan wees (Efesiërs 4:6). God het Christus die mag gegee om alles in almal te wees (panta kai en pasin Kolossense 3:11) en alle dinge onder sy voete te plaas (1 Korintiërs 15:27), en so hom hoof te maak oor alle dinge in die gemeente wat sy liggaam is, die volheid van hom wat alles in almal vervul (Efesiërs 1:22-23). Wanneer God alle dinge onder Christus plaas, word dit verstaan dat God uitgesluit is, want Hy is die Een wat alle dinge onder Christus se voete plaas (1 Korintiërs 15:27).

Wanneer Christus alles onder hom onderwerp het, dan sal hy homself aan God onderwerp sodat God alles sal word vir almal (panta en pasin 1 Korintiërs 15:28 RSV). Dus die Platonistiese leerstelling wat probeer om God en Christus saam te smelt in die Drie-eenheid weerspreek die Skriftuur. Christus sal aan die regterhand van God sit, onder bevel van God (Hebreërs 1:3,13, 8:1, 10:12, 12:2; 1 Petrus 3:22) en God se troon deel, net soos die uitverkorenes die troon wat aan Christus gegee is sal deel (Openbaring. 3:21) wat 'n troon van God is (Psalms. 45:6-7; Hebreërs. 1:8) of God is jou Troon wat vertaal is as Jou troon O God (sien voetnota in die Revised Standard Version).

God, wat stuur, is groter as dié wat Hy stuur (Johannes 13:16), want die dienskneg is nie groter as sy Heer en eienaar nie (Johannes 15:20).

Satan het Christus uitgedaag in die woestyn, en in werklikheid het Satan se verhoor begin, wat die Môrester was. Hierdie Bringer van lig na die planeet (Isa. 14:12) wat sy kurator en leermeester is (2 Korintiërs 4:4), was in werklikheid voorheen een van die 'Elohim' wat onderworpe was aan God die Vader.

Christus is die Ster wat uit Jakob sou kom (Numeri 24:17). Dus was dit aangedui in die Boeke van Moses dat een van die Môresterre wat genoem word as teenwoordig by die skepping van die aarde (Job 38:7), een van die 'elohim', sou 'n mens word vanuit die geslag van Jakob en Dawid (Openbaring. 22:16).

Hierdie 'elohim' wat ons ken as Jesus Christus was nog nie die Môrester van die aarde nie. Dié rang behoort aan Satan (Jesaja 14:12 en Esegiël 28:2-10).

Christus was die Gesalfde van Israel (Psalm 45:7,8) en is bo Sy tydgenote gesalf. Christus is nog nie in die posisie as die Môrester nie, maar sal daardie verantwoordelikheid aanvaar met Sy tweede koms. Christus sal hierdie rang en verantwoordelikheid deel met die uitverkorenes, wat Sy natuur deel as die Môrester in hul hart (2 Petrus 1:19). Hierdie mag word aan hulle belowe in Openbaring 2:28.

Satan, as Môrester, het die Hoogste God of God die Vader gedaag soos ons sien in Jesaja 14:12. Hy het probeer om sy eie troon, gegewe deur God, te verhewe bo die ander Sterre van God of die Hemelse Raad. Hierdie Raad is die vergadering van die hemelse wesens of gode waarna verwys word in Psalm 82:1. Dit is interesant dat Irenæus, die dissipel van Polycarp, 'n dissipel van Johannes, van opinie was dat Psalm 82:1 verwys na die "Theoi" of gode wat ook die uitverkorenes insluit (Against Heresies, Bk. 3, H. 6, ANF, Vol. 1, bl. 419).

Daar is baie Seuns van God (Job 1:6, 2:1, 38:7; Psalms 86:8-10, 95:3, 96:4, 135:5) wat aangedui word as die 'Bene Elyon' of Seuns van die Hoogste God. Die aardse uitverkorenes word ook ingesluit by die hemelse Heerskare as Seuns van God (Romeine 8:14). Dus, Christus en die uitverkorenes as Seuns van God is een met God deur die Heilige Gees, voorbeskik vanaf die grondlegging van die wêreld. Christus het sy mag neergelê om 'n mens te word. Hy en die uitverkorenes ontvang Seunskap wat met mag beklee is volgens die Heilige Gees deur die opstanding uit die dode (Romeine 1:4).

Van Handelinge 7:35-39 sien ons dat dit 'n Engel was wat met Moses op Sinai gepraat het, en dié Engel was Christus. In Galasiërs 4:14 het Paulus homself vergelyk met die engel van God, met Christus Jesus.

Ons sal ook soos die engele word (Matteus 22:30) as 'n orde of 'isaggelos' (Lukas. 20:36), en mede-erfgename met Christus (Romeine 8:17; Galasiërs 3:29; Titus 3:7; Hebreërs 1:14, 6:17, 11:9; Jakobus 2:5; 1 Petrus 3:7). Die Ou Testament identifiseer die Engel van YHWH as beide Jehovah and Elohim (Ex. 3:2,4-6 waar die God of Elohim 'n Engel was) (Sagaria. 12:8).

Psalm 89:6-8 wys dat daar 'n Raad van Heilige wesens is (qedosim of qadoshim, word ook gesê van aardse wesens) wat 'n binne en buite vergadering behels. Dit word verstaan as 'n hemelse Raad van die Elohim van Geregtigheid.

 

1.5.1 Christus as die Seun van God.

Satan het Christus op verskeie maniere probeer verlei. Eerstens het Satan na Christus as die Seun van God verwys (in Matteus 4:3, 4:6; Lukas 4:3). Die duiwels het ook na Christus as die Seun van God verwys (in Matteus 8:29; Lukas 4:41; Markus 3:11). Satan het probeer om Christus Sy posisie as Seun van God te laat bewys deur 'n magsvertoning, aangesien God belowe het dat Sy Engele sal waak oor hom (in Psalms 91:11-12). Satan het weggelaat om te noem dat Hy hom op al Sy weë sal beskerm , en het voorgestel, te alle tye, selfs al is hy nie in Sy weë nie. Deur die skriftuur te verdraai, het Satan probeer om Christus se lewe te neem.

Christus het in geen stadium vir Satan of die ander duiwels gekorrigeer nie, deur te bevestig dat hy persoonlik God is, in plaas van die Seun van God nie. Inteendeel, geeneen van die duiwels het probeer om die misleiding aan te voer dat Christus die Allerhoogste God is nie. Eers na sy dood was daar 'n doktrine gevestig dat Christus God was op dieselfde manier wat God die Vader GOD was. So is 'n misleiding na sy dood geskep wat Christus tydens sy aardse lewe sou verwerp het. Met elke versoeking was die doel daar gewees om Christus se gehoorsaamheid aan God te ondermyn, en effektief die skriftuur af te breek. Satan het probeer om Christus sover te kry om hom te aanbid. Satan het vir Christus heerskappy oor die wêreld op daardie tydstip beloof, as Hy hom net sou aanbid.

Christus het nie sy reg om sy heerskappy oor die planeet oor te dra betwis nie, ook nie dat hy die regeerder was nie. Inteendeel, Christus het geantwoord

…. daar is geskrywe: Die Here jou God moet jy aanbid, en Hom aleen dien.

Christus het nie vir Satan vertel dat Satan Christus moet aanbid, maar hom eerder verwys na die Wet. Christus het in geen stadium van sy bediening na Homself as God verwys nie. Hy het wel erken dat Hy die Seun van God is. Dit was ook die klag waarop Hy tereg gestaan het.

Soos genoem in Matteus 27:43

Hy het op God vertrou; laat Hy Hom nou verlos as Hy behae in Hom het; want Hy het gesê: Ek is die Seun van God.

Dit was hier waar Psalm 22:1 vervul was deurdat Hy uitgeroep het,

My God , My God, waarom het U my verlaat?

Christus het duidelik nie homself as God beskou nie. Om voor te gee dat Hy deel was van 'n wese waarop hy 'n beroep gedoen het, as 'n gelyke wese, waarvan 'n deel ontoeganklik is, is verregaande.

1.5.2 Die Leerstelling van die Antichris.

Die doktrine van die Antichris word beskrywe in 1 Johannes 4:1-2. Die korrekte oorspronklike teks vir 1 Johannes 4:1-2 word afgelei van Irenæus, Hoofstuk 16:8 (ANF, Vol. 1, fn. bl. 443).

Hierdeur sal jy die gees van God herken: Elke gees wat glo dat Jesus Christus in die vlees gekom het, is van God. En elke gees wat Jesus Christus skei is nie van God nie, maar die Antichris.

Socrates die historikus sê (VII, 32, p. 381) dat die vers verdraai was deur diegene wat graag die menslike deel van Jesus Christus wou skei van die Goddelike.

Christus as Seun is nie die Een Ware God nie (Johannes 17:3).

Ook in Lukas 22:70 het hulle almal gesê, is U dan die Seun van God?

Sy antwoord aan hulle was dat hulle reg is in wat hulle sê.

Hy was herken as die Seun van God in

Dit is 'n openbaring van God om te kan verstaan dat Christus die Seun van God is.

En Simon Petrus antwoord en sê: U is die Christus, die Seun van die lewende God.

Toe antwoord Jesus en sê vir hom: Salig is jy, Simon Bar-Jona, want vlees en bloed het dit nie aan jou geopenbaar nie, maar MY VADER wat in die hemele is (Matteus 16:16-17)

Matteus 11:27 meld dat:

Alles is aan My oorgegee deur my Vader, en niemand ken die Seun nie, behalwe die Vader; ook ken niemand die Vader nie, behalwe die Seun en elkeen aan wie die Seun dit wil openbaar.

Gevolglik openbaar God sekere dinge aan individue en gee dit aan Christus, wat dan die Vader aan hulle openbaar.

1.5.3 Die Naam en die Sowereiniteit van God.

Daar is geen twyfel dat God enkelvoudig asook almagtig is nie. Spreuke 30:4-5 verwys na die naam van God en dat Hy 'n Seun het.

Wie het na die hemel opgeklim en neergedaal? Wie het die wind in sy vuiste versamel? Wie het die waters in 'n kleed saamgebind? Wie het al die eindes van die aarde vasgestel? Hoe is sy Naam? En hoe is die Naam van sy Seun - as jy dit weet?

Elke woord van God is gelouter; Hy is 'n skild vir die wat by Hom skuil.

Voeg by sy woorde niks by nie, sodat Hy van jou nie rekenskap vorder en jy as 'n leuenaar openbaar word nie..

Die Bybel verduidelik homself, en die naam van God is direk verskaf na aanleiding van die vraag, en dit is duidelik dat die wese nie 'n saamestelling van die Vader en Seun is nie, maar eerder dat Hy 'n Seun het.

Voorts, die Nuwe Testament meld duidelik dat dit die Vader is wat aanbid moet word. Christus het die Samaritaanse vrou gewaarsku in Johannes 4:21 dat daar 'n tyd sal kom wanneer hulle die Vader nie sal kan aanbid op haar berg [Samaria] of in Jerusalem nie. Maar Hy sê duidelik in Johannes 4:23:

Maar daar kom 'n uur, en dit is nou, wanneer die ware aanbidders die Vader in gees en waarheid sal aanbid; want die Vader soek ook mense wat Hom só aanbid.

Christus identifiseer hier die voorwerp van aanbidding as die Vader en nie homself nie. Dit is dus godslasterlik om voor te stel dat 'n mens die verhewe Christus moet aanbid weens 'n verdraaiing van Johannes 3:14 waar die Seun van die mens verhewe moet word soos Moses die slang in die wildernis omhoog gehou het. Die doel van die kruisiging was sodat die mens die ewige lewe mag beërwe, definitief nie dat Christus 'n voorwerp van aanbidding moet word, soos valslik beweer word nie. As gevolg van hierdie vals uitgangspunt, word ook valslik beweer dat Christene die ligaam en bloed van Christus tydens die nagmaal aanbid.

Eloah is die God van die Ou Testament,en die Tempel en die God van Jesus Christus van die Nuwe Testament. Die Tempel in Jerusalem was die Huis van die Eloah (Esra 4:24; 5:2,13,15,16,17; 6:3,5,7,8,16,17; 7:23). Hy was die Eloah van Israel (Esra 5:1; 7:15), die Groot Eloah van die heelal (Esra 5:8,12). Hy was die doel van die offerhande by die Tempel (Esra 6:10) waar Hy Sy Naam laat woon het (Esra 6:12). Hy het die konstruksie en samestelling van dieTempel beveel (Esra 6:14) en die Priesterskap staan in Sy diens (Esra 6:18; 7:24) en doen Sy wil (Esra 7:18). Die Wet is die wet van die Eloah van die heelal (Esra 7:12,14). Diegene wat die wette van die Eloah ken, moet diegene wat nie die wette ken nie, onderrig (Esra 7:25), en oordeel is volgens die wette van Eloah (Esra 7:26). Hierdie Wese is die Vader, wat die enkelvoudige Eloah en God die Allerhoogste is, die Vader van die Messias, en al die seuns van God.

Hoofstuk 2

Die Plan van Verlossing

2.1 Die Val van die Mensdom

Die mens was geskape in die beeld en gelykenis van God (Genesis 1:26-27). Adam en Eva was vervloek as gevolg van hul ongehoorsaamheid (Genesis 3:16-19). As gevolg van hul opstand, het sonde en daardeur ook die dood oor die hele mensdom gekom (1 Korintiërs 15:22; Romeine 5:12).

 

2.2 Die Verlossing van die Mensdom.

God wil nie hê dat enigiemand verlore gaan nie (2 Petrus 3:9). Om die mensdom te help om verlossing te vind van die straf vir die sonde, wat die ewige dood is, het God 'n verlossingsplan gemaak, deur middel van 'n offer in die dood en opstanding van sy seun Jesus Christus (Johannes 3:16). Die plan is van 'n daaropvolgende oes, waarby Christus die eersteling is van almal wat ontslaap het (1Korintiërs 15:20). Hierdie plan word weerspieël in die jaarlikse heilige dae van die Bybel (Levitikus 23).

2.3 Die Bybel as Geïnspireerde Waarheid

Christus het gesê: Daar is geskrywe: Die mens sal nie alleen van brood alleen lewe nie, maar van elke woord wat deur die mond God uitgaan. (Matteus 4:4; Lukas 4:4). Die Bybel is bekend as die Skriftuur, die boek van waarheid (Daniël 10:21 SV), en is gerig op die verlossing van die mensdom en die vertoon van die mag van God (Eksodus 9:16; Romeine 9:17). Die middel tot die verlossing is Jesus Christus (Romeine 10:9) wat in die Skriftuur voorgestel was deur Moses en die profete (Lukas 24:27), en die Skriftuur wys dat profesie vervul sou word (Matteus 26:56; Romeine 1:2). Alle Skriftuur is ook nuttig om te onderrig, te weerlê, te verbeter en op te voed in geregtigheid, sodat die mense van God volkome kan word, en vir alle goeie werk volkome toegerus word. (2 Timoteus 3:16-17).

Die Skriftuur in die tyd van Christus en die apostels was die Ou Testament (Matteus 21:42; Markus 12:10; Handelinge 17:2). Die Ou Testament word in 2 Timoteus 3:16 aangedui as deur God geïnspireer. Die nuwe Testament is aanvullend tot die Ou Testament. Dit vervang hoegenaamd nie die Ou Testament nie.

Die Ou Testament was tevore geskryf vir ons onderrig, sodat ons deur volharding en vertroosting in die Skriftuur die hoop sou behou (Romeine 15:4). Dwaling word veroorsaak deur 'n slegte kennis van die Skriftuur (Matteus 22:29; Markus 12:24). Die Bereans het die Skriftuur daagliks ondersoek, om te sien of die dinge wat gesê was, waar was. Dit word as edel beoordeel (Handelinge 17:11). Die hele beeld van die Bybel word ontleen uit alle dele van die Skriftuur, want dit is gebod op gebod, reel op reel, hier 'n bietjie, daar 'n bietjie (Jesaja 28:10). Die Skriftuur toon aan dat Jesus die Messias of Christus was (Handelinge 18:28). Dit is Christus, deur middel van die Heilige Gees, wat die verstand van alle uitverkorenes open, beginnende by die apostels, sodat die Skriftuur begryp kan word (Lukas 24:45).

Die Skriftuur van die Ou Testament moet vervul word (Matteus 26:54, 56; Markus 12:10, 14:49) en kan nie gebreek word nie (Johannes 10:35). Veel van die Skriftuur was gerig op, en word vervul in Christus, of sal deur Christus vervul word by sy tweede koms (Openbaring 1:7, 12:10, 17:14, 19:11-21), wat met groot mag en heerlikheid sal gebeur (Matteus 24:30).

2.4 Berou en Bekering

Sodat die mens kan lewe, en wel vir ewig lewe, verlang God dat die mens tot bekering kom. Tensy hy tot bekering kom, sal hy beslis omkom (Lukas 13:3, 5).

Christus was gestuur om die mensdom tot bekering op te roep (Lukas 11:32). Christus het sy bediening begin nadat Johannes die Doper in hegtenis geneem was (Matteus 4:12). Die gevangenisskap van Johannes het na die Pasga van 28 NC plaasgevind (Johannes 3:22-24, 4:12), wat die Pasga was na die begin van Johannes se bediening in die vyftiende jaar van Tiberius (Lukas 3:1). Vanaf daardie tyd het Jesus begin om te preek, en te sê, Bekeer julle, want die Koninkryk van die Hemel het naby gekom (Matteus 4:17) Christus het sy dissipels beveel om die evangelie van bekering te preek, en daarby mag gegee oor duiwels en onreine geeste (Markus 6:7, 12; Lukas 10:1, 17-20).

Bekering was aangedui as 'n begin om sonde (of boosheid) uit te wis (Handelinge 8:22), sodat die tyd van verkwikking mag kom van die aangesig van die Here, sodat Hy Christus mag stuur, wat vir ons tevore bestem was (Handelinge 3:19-20).

Die tye van onkunde, soos genoem, sal God oorsien, maar na Christus gebied hy alle mense om hulle te bekeer, omdat Hy 'n dag van oordeel vastgestel het ( Handelinge 17:30-31). Bekering word dus ook uitgebrei tot die heidene (sien ook Handelinge 15:3).

Na bekering tot God, moet die bekeerde sondaar werke doen in ooreenstemming met sy bekering (Handelinge 26:20).

Die Gemeente in Efese was opgeroep om hulle te bekeer en om te onthou van watter hoogte hulle geval het, en opnuut die eerste werke te doen (Openbaring 2:5). So ook word die Gemeente in Pergamus opgeroep om hulle te bekeer (Openbaring 2:16) Dit was ook die geval met die Gemeente van Tiatire (Openbaring 3:21-22), waar afvalliges op dieselfde bed gewerp was as diegene met vals godsdienstige leeringe. Die Gemeente in Sardis was ook opgeroep om hulself te bekeer, anders sou Christus kom as 'n dief in die nag en hulle sou nie die uur van sy koms weet nie (Openbaring 3:3). Christus bestraf en tugtig diegene wat hy lief het. Hy gebied dat hulle (in hierdie geval Laodisea) ywerig word en hulself bekeer (Openbaring 3:19). Bekering is in werklikheid 'n voortdurend proses vir alle Gemeentes van God, wat almal se verantwoordelik is (Jakobus 5:19-20).

 

2.5 Doop

Alle mag was aan Christus gegee beginnende na sy opstanding (Matteus 28:18). Hy het beveel dat sy dissipels heen sou gaan en dissipels in alle volke sou maak en hulle doop in die naam van die Vader en van die Seun en van die Heilige Gees (Matteus 28:19), en hulle leer om alles te onderhou wat Christus beveel het. So sou Hy altyd met hulle wees tot aan die einde van die tye (Matteus 28:20).

Bekering moet vergesel word met die doop om die gawe van die Heilige Gees te kan ontvang (Handelinge 2:38). U kan die Heilige Gees nie ontvang tensy u uself bekeer het en gedoop word nie, en so opnuut gebore word nie. Tensy u wedergebore word, kan u nie die Koninkryk van God binnengaan nie (Johannes 3:3, 5). Bekering is 'n voorwaarde vir doop en die ontvangs van die Heilige Gees. Dit is vanselfsprekend dat kinderdoop dan ook uitgesonder word as teenstrydig met die Bybel. Die voorwaarde vir bekering word benadruk deur die sending van Johannes die Doper wat die voorloper was van die doop met die Heilige Gees in Christus (Markus 1:4, 8). Johannes sê dat Christus sou doop met die Heilige Gees en met vuur, verwysend na diegene wat hulle nie sou bekeer nie (hier beskrywe as kaf) (Lukas 3:16-17). Die Heilige Gees word verleen op aanwysing van God. Deur te vra, en bevestig deur die oplegging van hande, kom die Heilige Gees in die persoon. Die Gees word so verleen aan elke aspek van die werk. Die Heilige Gees is werksaam voor die doop en handel met elkeen persoonlik. Die Gees lok die uitverkorenes na God toe deur Christus (Hebreërs 7:25). Die Gees word as eerste gawe aan elkeen afsonderlik gegee by die doop volgens Romeine 8:23, waar duidelik vermeld word dat die aanneming nie gebeur voor die verlossing van ons liggaam nie. Ons is dus wedergebore maar groei daagliks in die Gees in Christus Jesus, totdat ons in die heerlikheid van God kom.

Hierdie oordrag van die Heilige Gees by die doop is die water uit die fonteine van heil, wat God belowe het deur middel van sy profete (Jesaja 12:3). Die water van die Heilige Gees was God se belofte aan Jakob, opgeteken in Jesaja 44:2-3. Die Here God is die bron van lewende water (Jeremia 2:13, 17:13; ook Sagaria.14:8). Dit is die rivier van die water van die lewe (Openbaring 22:1). Christus sê, sprekende van die Gees (Johannes 7:39), dat uit Hom lewende water stroom (Johannes 4:10-14, 7:38; Jesaja 21:3, 55:1, 58:11; Esegiël 47:1). Israel word geestelik gereinig deur die water uit Esegiël 36:25, wat die lewende water of wel die Heilige Gees is. Die uitverkorenes neem gratis van hierdie water (Openbaring 22:17).

 

 

Hoofstuk 3

Leerstellinge oor Persoonlike Verantwoordelikheid

3.1 Gebed en Aanbidding

3.1.1 God as Oogmerk van Gebed en Aanbidding

3.1.1.1 Die Doel van Aanbidding

Die hoof standpunt en die belangrikste teken van die uitverkorenes is, en was altyd gewees, volkome monotheïsme en geloof in die ondergeskikheid van Jesus Christus. Ons vereer geen ander Elohim as God nie (Exodus 34:14; Deuteronomium 11:16), anders gaan ons ten gronde ( Deuteronomium 30:17-18). God het Sy eerste gebod gegee as volg:

Ek is die HERE jou God wat jou uit Egipteland, uit die slawehuis, uitgelei het. Jy mag geen ander gode voor my aangesig hê nie. (Exodus 20:2-3)

 

Die betekenis van voor is hier dié van naas of in plek van of sonder die gesag van die God, wat ons herken as God die Vader.

Ons moet die Here ons God liefhê en Hom dien met ons hele hart en ons hele siel, met ons hele wese, en dan sal ons reën kry op die bestemde tyd, wat die opbrengste gee, en weiding vir ons kudde. Met ander woorde, ons sal oorvloedig voorsien word (Deuteronomium 11:13-15). Maar ons het 'n Nuwe Verbond, waarby die Here Sy wette in ons gedagtes lê, en in ons hart skryf. Hy is ons God en ons is Sy diensknegte, en aanbid Hom, deur sy wette deel van ons eie natuur te maak (Hebreërs 8:10-12).

Ons moet ons neerbuig voor die Here ons God (Deuteronomium 26:10; 1 Samuel 1:3, 15:25). Hierdie God is die Een Waaragtige God, wat God die Vader is. Die voorwaarde vir die ewig lewe is dat ons Hom ken, en sy seun Jesus Christus (Johannes 17:3). Ons skryf die heerlikheid van Sy naam toe aan die Here; ons buig ons neer voor die Here in heilige gewaad (Psalm 29:2; 96:9). Die ganse aarde aanbid Hom en verhef Sy naam in psalmgesang (Psalm 66:4). Dit is 'n profesie wat nog vervul gaan word. Alle nasies, wat hy gemaak het, sal kom en bewend voor Hom neerbuig (Psalm 96:9), en Sy naam verheerlik, want Hy alleen is God (Psalm 86:9-10), die Here ons Maker. Hy is ons God en ons skepper (Psalm 95:6-7). Hy is Heilig (Psalm 99:5, 9). Die wete van wie ons vereer, word ook aangetoon deur twee tekens wat saam met begrip van God se natuur die grondslag vorm van die verseëling van die uitverkorenes. Die twee tekens is:

 

1. Die sabbat (volgens Exodus 20:8, 10, 11; Deuteronomium 5:12). Die sabbat is die teken tussen ons en God, wat ons heilig (Exodus 31:12-14); en

2. Die Pasga. Die Pasga is 'n teken of seël, waar (volgens Exodus 13:9, 16) die Pasga, saam met die Fees van Ongesuurde Brode, die teken is van die wet van die Here (Deuteronomium 6:8), en van Sy verlossing van Israel (Deuteronomium 6:10). Vanaf die Nuwe Testament word dit uitgebrei na almal in Christus (Romeine 9:6; 11:25-26).

Hierdie tekens van die wet (die sabbat en die Pasga) is in besonder bedoel om te waak teen afgodery (Deuteronomium 11:16). Hierdie twee tekens is die seël op die hand en die voorhoof van die uitverkorenes van die Here, en sal, tesame met die Heilige Gees, die basis vorm van die verseëling van die 144,000 in die laatse dae van Openbaring 7:3. Dit vorm die begin van die res van die heilige dae.

Christus sê: die Here jou God moet jy aanbid en Hom alleen dien (Matteus 4:10; Lukas 4:8). Dus om te dien is om te aanbid in Bybelse terme.

Om God te aanbid volgens menslike idees is om vergeefs te aanbid (Matteus 15:8-9). Die Vader soek mense om Hom in Gees en waarheid te aanbid (Johannes 4:21-24). Ons is die ware besnydenis wat God dien deur die Gees en roem in Christus Jesus (Filippense 3:3). Almal in die Raad van ouderlinge, insluitende Christus, aanbid God, wat alles gemaak het, en deur wie se wil almal geskape is en bestaan (Openbaring 4:10-11). In opdrag van Christus, beide deur wet (Exodus 20:3) asook deur openbaring, aanbid ons God (Openbaring 22:9).

 

3.1.1.2 Die Doel van Gebed

Die mens bid tot die Here God (Psalm 39:13, 54:4), wat hoor. Wat u in gebed vra sal u ontvang, as u geloof het (Matteus 21:22). Christus was die voorbeeld vir die mensdom van gebed tot sy God en ons God, wat die Vader is (Lukas 6:12). Die voorbeeld van hoe ons moet bid vind ons in die Gebed van die Here, wat 'n raamwerk is vir gebed, gegee deur Christus (Lukas 11:2-4).

Die belangrikste taak van die uitverkorenes en die bediening is gebed, en die bediening of verspreiding van die woord (Handelinge 6:4). Die Raad van Ouderlinge is verantwoordelik gestel vir die toesig oor die gebede van die heiliges (Openbaring 5:8).

 

3.1.1.3 Persoonlike en gesamenlike Gebed terwille van Andere

Gesamenlike eendragtige gebede is 'n voorbeeld van die apostels (Handelinge 1:14). Dit word nagevolg deur die hele Gemeente (Handelinge 12:5).

Gebed is nie net alleen vir die Gemeente nie. Dit is ook vir diegene wat ywerig maar sonder genoeg kennis is, en hulself nog nie onderwerp aan God se geregtigheid nie. Want Christus is die einde (of uiteindelike doel of rede) van die wet, sodat almal wat geloof het, geregverdig kan word. (Romeine 10:1-4).

Gebed kom tot ons redding. Seëninge wat vekry word as antwoord op vele gebede, word met danksegging ontvang wat meer gebede beteken (2 Korintiërs 1:11). Gebed moet in die Gees wees (Efesiërs 6:18). Daar moet volhard word in gebed (Kolossense 4:2-4), en dit is 'n hulpmiddel in die vermoeë om sterk te staan in die waarheid en geregtigheid (Efesiërs 6:14).

Die gebede van die regverdiges vermag baie. Die gebed in geloof sal die siekes genees en vergifnes van sondes bewerkstellig. Daarom moet ons ons sondes aan mekaar bely en vir mekaar bid, sodat ons genesing kan ontvang (Jakobus 5:15-16).

3.2 Die Verband tussen Saligmaking en die Wet

3.2.1 God is ons Rots

God is ons Rots, ons vesting en verlossing en saligheid, by wie ons skuil (Psalm 18:2-3). Ons vertrou in Hom en is nie bevrees nie (Jesaja 12:2). Die kennis van die verlossing is 'n funksie van Christus en die profete (Lukas 1:77). Hierdie kennis word uitgebrei na die Gemeentes waar die heiliges die rentmeesters is waaraan die geheimenisse van God toevertrou word (1 Korintiërs 4:1). Saligheid is uit die Jode (Johannes 4:22), maar was uitgebrei in Christus na diegene wat God in Gees en waarheid aanbid (Johannes 4:23-24). Geen ander naam onder die hemel is aan die mensdom gegee waardeur ons gered kan word nie (Handelinge 4:12). Saligheid word dus deur die Evangelie gegee, as 'n krag van God tot die redding van almal wat geloof het, eerstens vir die Jode, maar ook vir die heidene. In die Evangelie word die geregtigheid van God geopenbaar uit geloof tot geloof, want die regverdiges sal uit die geloof lewe (Romeine 1:14-17). God het nie die mensdom bestem tot toorn nie, maar tot die verkryging van saligheid deur Jesus Christus (1 Tessalonisense 5:9).

Die insig tot God se Wil lei tot droefheid, wat onberoulike of permanente bekering voortbring, wat tot redding lei (2 Korintiërs 7:10). Die Evangelie is dus die woord van waarheid, en is derhalwe die blye boodskap van verlossing, wat aanleiding gee tot die verseëling van die bekeerlinge met die Heilige Gees (Efesiërs 1:13). Verlossing word vekry vanaf die heilige Skriftuur. Deurdat dit geïnspireer is deur God, is die Skriftuur in staat om die berouvolle mens tot heiligheid en verlossing te onderrig deur geloof in Jesus Christus (2 Timoteus 3:15-16). Hoewel hy 'n seun was, het hy gehoorsaamheid geleer uit wat hy gely het. Deurdat hy volmaak gemaak is, het hy die bewerker van die ewig saligheid geword vir almal wat hom gehoorsaam (Hebreërs 5:8-9).

So was hy eenmaal geoffer om sondes weg te neem, en sal die tweede maal kom, nie om met sondes af te reken nie, maar om diegene te ontvang wat op hom wag vir hul saligheid (Hebreërs 9:28). Die saligheid is gemeenskaplik vir almal, en was eenmalig aan die heiliges oorgelewer (Judas 3). Dus, na die openbaring van God aan Jesus Christus gegee is, en opgeteken is deur Johannes, is daar geen meer openbaring gegee nie. Alles wat nodig is vir die saligheid van die mensdom is vervat in die Bybel. Saligmaking en mag en roem kom God toe, en Hy het dit geopenbaar aan sy diensknegte deur Christus, en dit mag nie verander word nie (Openbaring 22:18-19).

Die uiteindelike verseëling van die heiliges, is derhalwe deur die Heilige Gees, gegrond op die wet van God, soos geopenbaar in die Bybel vanaf die Ou Testament, beginnende met die openbaring in die wet.

Christus het die wet gegee op Sinai as die Engel van die Verbond of Aangesig, die Engel van Jahveh. Hy het gesê dat

... voordat die hemel en die aarde verbygaan, sal nie een jota of een titteltjie van die wet ooit verbygaan totdat alles gebeur het nie. Elkeen dus wat een van die minste van hierdie gebooie breek en die mense só leer, sal die minste genoem word in die koninkryk van die hemele; maar elkeen wat dit doen en leer, hy sal groot genoem word in die koninkryk van die hemele ... (Matteus. 5:18-19)

Dus Christus verminder die wet op geen enkele wyse nie. Hy het die wet gehou en het mense beveel om dieselfde te doen. Die wet en die profete was tot Johannes. Vanaf Johannes word die goeie nuus van die Koninkryk van God gepreek, en almal dring met geweld daarin (of 'probeer so hard as hy kan om daarin te kom - Nuwe Vertaling) (Lukas 16:16).

Maar dit is makliker dat die hemel en die aarde verbygaan as dat een tittel van die wet sou val.

(Lukas 16:17).

Die wet was deur Moses gegee, en tog was dit nie gehou nie (Johannes 7:19). Almal wat sonder wet gesondig het, sal ook sonder wet verlore gaan. Almal wat onder die wet gesondig het, sal deur die wet geoordeel word (Romeine 2:12), want sonde is wetteloosheid of oortreding van die wet (1 Johannes 3:4). Besnydenis is van die hart, en die onderhou van die insettinge van die wet is die maatstaf van die besnydenis. Diegene wat die wet hou is besnede van hart, terwyl diegene wat besnede is en die wet nie houd nie, is gelyk aan 'n ongelowige. Diegene wat met hul hart die wet hou, is Jode innerlik. Dié wat beweer dat hulle Jode is, en dit nie is nie, kom in oordeel (Openbaring 3:9) en sal gedwing word om voor die voete van die heiliges neer te buig. (Die neerbuiging word ook vertaal as aanbidding en is van toegepassing op Christus en die uitverkorenes).

Die wet is heilig en die gebooie heilig en regverdig en goed (Romeine 7:12). Die wet veroorsaak dus nie die dood nie, maar eerder sonde, wat 'n oortreding van die wet is, werkende in die mens persoonlik (Romeine 7:13).

Die wet is geestelik, maar die mens is vleeslik, verkoop onder die sonde (Romeine 7:14). Die werlik bekeerde mens verheug homself in die wet van God in sy binnenste (Psalm 119:1; Romeine 7:22). Want die wet lei die mens tot Christus wat die uiteindelike doel van die wet is (Romeine 10:4). Die leiding van die Gees bevry die mens onder die wet (Galasiërs 5:18), nie omdat dit wegdoen met die wet nie, maar juis omdat dit vir ons moontlik maak om, vanuit 'n innerlike begeerte, die wet te hou en op die korrekte manier toe te pas, as 'n deel van ons inige natuur (Hebreërs 8:10-12). Die wet van God word gehou as uiting van geloof en nie deur werke nie (Romeine 9:32). Gehoorsaamheid aan die gebooie is 'n noodsaakelike voorwaarde om die Heilige Gees te behou wat bly in diegene wat God se gebooie bewaar (1 Johannes 3:24; Handelinge 5:32). Dit is dus onmoontlik om 'n Christen te wees en God en Christus lief te hê sonder die om die wet te hou. Dit, as vanselfsprekend, beteken ook die hou van die Sabbat as die vierde gebod.

3.2.2 Saligmaking deur Genade

Die genade van God het verskyn vir die verlossing van alle mense, om ons te leer om alle goddelose en wêreldse begeertes te versaak, en om 'n ingetoë, regverdige en godvrugtige lewe in die wêreld te lei, in afwagting van die salige hoop en verskyning van die heerlikheid van ons grote God en ons verlosser: Jesus Christus (Titus 2:11-13). Christus is dus die verskyning van die heerlikheid van ons grote God, wat ons Verlosser is (Titus 2:13). Genade is dus 'n gevolg van die werk van Jesus Christus.

Die Gemeente word bewaak deur God se mag deur die geloof tot die verlossing wat in die laatste tyd geopenbaar sal word (1 Petrus 1:5). Die resultaat van geloof is die verlossing van die siel. Die profete het geprofeteer oor die genade, maar het nie die tyd of persoon van Messias geken toe hulle van sy lyding en daaropvolgende verheerliking geprofeteer het nie (1 Petrus 1:9-10).

Sonde het deur Adam in die wêreld gekom, en het oorheers van Adam tot Moses. Dood was die gevolg van sonde (Romeine 5:12). Sonde het bestaan voordat die wet aan Moses gegee was (Romeine 5:13). Dus die gevolge van die wet was reeds bekend vanaf Adam, aangesien sonde nie toegereken word wanneer daar geen wet is nie. Genade is daarom oorvloedig vanwee die verlossing van die mens van sonde onder die wet. Waar sonde toegeneem het, onder die wet, word genade meer oorvloedig (Romeine 5:15-21). Deur die gehoorsaamheid van een mens sal baie geregverdig word deur die genade wat regeer deur geregtigheid tot die ewige lewe in die gesalfde Jesus (Romeine 5:20-21).

Daar is dus geen veroordeling vir diegene wat in Christus is nie (Romeine 8:1). Die wet is dus in ons vervul wat wandel volgens die Gees (Romeine 8:4).

Die Gees lei die gedagtes volgens God se doel (Romeine 8:5). Die denke van die vlees is vyandig teenoor God. Dit onderwerp hom nie aan God se wet nie, en kan dit inderdaad nie regkry nie (Romeine 8:7). Dus die vleeslike of onbekeerde gesindheid word herken aan sy weerstand teen die hou van die wette van God.

Die Gees van Hom wat Christus uit die dood opgewek het, woon in die Christen, en gee lewe deur die Gees, wat in die mens woon (Romeine 8:11). Almal wat gelei word deur die Gees van God is sy seuns (Romeine 8:14), en dit is deur die genade van God. Die wet is deur Moses gegee, en genade en waarheid het deur Jesus Christus gekom (Johannes 1:17). Derhalwe roep ons Abba of Vader en ontwikkel sodoende dieselfde seunskap (Romeine 8:15) as wat gegee was aan ons broeder Jesus Christus.

Die wet opsigself verskaf geen wettiging of verskoning nie. 'n Mens word geregverdig deur die geloof in Jesus Christus (Galasiërs 2:16). Die lewe wat geleef word is deur geloof in die seun van God (Galasiërs 2:20). Deur die wet sterf ons vir die wet om vir God te lewe (Galasiërs 2:19). Maar ons ontneem nie die krag van die genade van God deur die wet te hou nie, omdat ons nie deur die wet geregverdig word nie (Galasiërs 2:21). Ons hou die wet omdat die Gees ons lei en die wet uitgaan van die natuur van God, waarmee ons geklee word en waarvan ons deelgenote is (2 Petrus 1:4), net soos Christus.

Ons word nie gered deur die wet nie, maar deur die genade van Jesus Christus (Handelinge 15:11). Die sonde het geen heerskappy oor die uitverkorenes nie omdat hulle nie onder die wet is nie, maar onder die genade, en slawe van God is (Romeine 6:14,15). Nietemin, ons sondig nie deur die wet te oortree nie, omdat ons slawe van God en Sy geregtigheid is, en nie van die sonde nie, om so van harte gehoorsaam te word aan die voorbeeld van die leer wat aan ons oorgelewer is (Romeine 6:17-18). Hoewel ons dood was deur ons oortredinge, is ons nou met Christus lewend gemaak deur genade (Efesiërs 2:5). Ons is opgewek en gesetel met Christus in die hemelse wonings, sodat God ons in die komende eeue die oorweldigende rykdom van Sy genade kan toon, volgens Sy goedertierenheid oor ons deur Christus Jesus ( Efesiërs 2:6-7). Want deur genade is ons gered deur geloof. Dit is nie die verdienste van die persoon nie. Dit is die gawe van God, en nie uit werke nie, sodat niemand kan roem nie (Efesiërs 2:9). Ons hou dus die wet deur die Gees van God deur genade.

 

3.2.3 Verpligtinge onder die Wet

Daar is 'n voortdurende plig om die wet te hou, wat onvergankelik is, en soos ons gesien het, onveranderd is (Matteus 5:18; Lukas 16:17). Die wet was nie ten tye van Christus deur die Jode op 'n korrekte manier gehou nie (Johannes 7:19), maar was verander deur tradisie (Matteus 15:2-3, 6; Markus 7:3, 5, 8-9, 13), en uitgebrei tot 'n las of 'n juk deur die Joodse leeraars van daardie tyd. So het hulle God 'n beproewing gemaak (Handelinge 15:10).

Uit die bostaande volg dit dat daar 'n voortdurende verpligting is om die gebooie van God te hou. Dit is van krag en sal nie verby gaan tot aan die einde van die eeue sover dit die menslike bestaan betref nie.

 

3.2.3.1 Waarom Christene die Wet hou

Christene word gered deur genade en nie deur die wet nie. Waarom is dit dan 'n absolute verpligting dat hulle die wet erken en hou? Omdat:

die wet van God uitgaan uit die blywende goedheid van Sy natuur

Die wet van God kom voort uit die natuur van God en bly dus vir altyd, omdat God Homself onveranderlik is. Hy is die Goedheid vanself, en die middelpunt van die hoogste goedheid. In Markus 10:18 sê Christus: Waarom noem jy my goed? Niemand is goed nie, behalwe een, naamlik God. of Waarom noem jy my goed? Niemand is goed nie, behalwe een, naamlik God. Maar as jy in die lewe wil ingaan, onderhou die gebooie (Matteus 19:17). God se goedhartigheid ly elkeen van ons tot bekering (Romeine 2:4). Die natuur van God is een van onveranderlike goedheid. Die hemelse Leërskare deel in Sy natuur. So word hulle bevestig in die goddelike natuur en goedheid.

In hierdie opsig is Christus gister en vandag dieselfde, en tot in ewigheid (aioonas) (Hebreërs 13:8). Die uitverkorenes maak, deur deel te hê aan die goddelike natuur (2 Petrus 1:4), deel uit van 'n goddelike priesterskap, dié van Melgisédek wat nie oorgedra word nie (aparabaton), oftewel onveranderlik bly tot in ewigheid (aioona) (Hebreërs 7:24). Christus is in staat om almal te behou wat God deur hom nader (sien Hebreërs 7:25 Marshall's Greek-English Interlinear). Maar hy is nie die voorwerp van aanbidding nie, ook nie die God wat deur sy eie wil beveel nie.

Die wet van God moet nagejaag word deur geloof en nie deur werke nie (Romeine 9:32). Ons het 'n Nuwe Verbond waarmee die Here sy wette in ons verstand plaas en op ons harte skryf. Hy is ons God en ons is Sy diensknegte, wat Hom aanbid, deur Sy wette te hou as deel van ons innerlike natuur (Hebreërs 8:10-12). Uiterlike tekens het dus geen betekenis nie. Dit is die hou van God se gebooie binne in ons, wat ons besny (1 Korintiërs 7:19) as Christene en lede van Geestelike Israel. Dit is hulle wat die draak toornig maak deur die gebooie van God te hou. Die hou van die gebooie van God is hulle kenmerk in die vervolging (Openbaring 12:17). Hierdie is die heiliges wat die gebooie van God onderhou en volhard daarmee (Openbaring 14:12).

 

3.2.3.2 Christene as die Tempel van God

Die heiliges is die Tempel of die heiligdom, die naos, van God, en God se Gees woon in hulle. As iemand God se Tempel vernietig, sal God Hom vernietig. Want God se Tempel is heilig en dit is ons (1Korintiërs 3:16-17). Daarom het Christene die plig om hul liggaam in 'n gesonde staat te hou as 'n geskikte houer om die Gees van God te ontvang. Want God het gesê dat Hy in ons sal woon, en tussen ons sal wees, en dat Hy ons God sal wees. Ons moet geheilig en afgesonderd bly. God sal ons Vader wees en ons Sy kinders (2 Korintiërs 6:16-18; Leviticus 26:12; Esegiël 37:27; Jesaja 52:11; 2 Samuel 7:14).

Daarom moet die Christene nie 'n ongelyke span vorm met ongelowiges nie (2 Korintiërs 6:14). Hulle moet hulself reinig van enige verontreiniging van liggaam en Gees, en so hul heiligheid volmaak in die vrees van God (2 Korintiërs 7:1). Hulle is dus uitverkore vanaf die begin en gered deur heiliging deur die Gees en geloof in die waarheid (2 Tessalonisense 2:13). Waarheid is absoluut noodsaaklik vir Geestlike gesondheid en is 'n kenteken van die uitverkorenes. Uit hierdie ontwikkeling kan gesien word dat die algemene wette van die Bybel 'n besondere betekenis en doel het. Die opmeting van die tempel van God vind paas ooreenkomstig hierdie wette (Openbaring 11:1).

 

3.2.4 Die Tien Gebooie

Die Gemeente is verbind daartoe om die tien gebooie te hou, soos gevind word in Exodus 20:1-17 en Deuteronomium 5:6-21.

Die eerste gebod is:Ek is die HERE jou God wat jou uit Egipteland, uit die slawehuis, uitgelei het. Jy mag geen ander gode voor my aangesig hê nie.

God die Vader is die Enige Waaragtige God (Johannes 17:3) en daar is geen elohim wat voor of gelyk is aan Hom nie. Dit word nie toegelaat om 'n ander wese, met inbegrip van Jesus Christus, te vereer of te aanbid nie.

Die tweede gebod is:

Jy mag vir jou geen gesnede beeld of enige gelykenis maak van wat bo in die hemel is, of van wat onder op die aarde is, of van wat in die waters onder die aarde is nie.

Jy mag jou voor hulle nie neerbuig en hulle nie dien nie; want Ek, die HERE jou God, is 'n jaloerse God wat die misdaad van die vaders besoek aan die kinders, aan die derde en aan die vierde geslag van die wat My haat;

en Ek bewys barmhartigheid aan duisende van die wat My liefhet en my gebooie onderhou.

Dit word dus nie toegelaat om gelykenisse of enige afbeelding te maak vir gebruik in godsdienstige verering of simboliek nie. Die kruisigingsimbool is vir die Gemeente verbode as simbool.

Die gebooie opsigself maak deel uit van die herkenning van die godsdienstige sisteem, en is dan ook as sodanig onlosmaakbaar.

Die derde gebod is:

Jy mag die Naam van die HERE jou God nie ydellik gebruik nie, want die HERE sal die een wat sy Naam ydellik gebruik, nie ongestraf laat bly nie.

Die naam van die Here God gaan met gesag gepaard en daarom handel die wet nie alleen oor eenvoudige heiligskending nie, maar strek verder uit tot die misbruik van die gesag van die Gemeente, en almal wat voordoen om te handel op gesag van God deur Jesus Christus.

Die vierde gebod is:

Gedenk die sabbatdag, dat jy dit heilig.

Ses dae moet jy arbei en al jou werk doen;

maar die sewende dag is die sabbat van die HERE jou God; dan mag jy géén werk doen nie - jy of jou seun of jou dogter, of jou dienskneg of jou diensmaagd, of jou vee of jou vreemdeling wat in jou poorte is nie.

Want in ses dae het die HERE die hemel en die aarde gemaak, die see en alles wat daarin is, en Openbaring die sewende dag het HY gerus. Daarom het die HERE die sabbatdag geseën en dit geheilig.

Die sewende dag sabbat is daarom noodsaaklik vir die geloof. Geen Christen kan God dien en nalaat om die sabbat te eer nie, wat in die huidige kalendersisteem bekend is as Saterdag. Die instelling van 'n ander dag vir aanbidding en nie die sewende dag nie, breek nie alleen die gebod nie, maar word self 'n voorwerp van afgodery, wat uitdruklik teen die wil van God is. Dit is 'n daad van wederstrewigheid, en daarom gelyk aan die sonde van waarsêery (1 Samuel 15:23). Saam met die tweede gebod, wat dan die vierde gebod verdiep, word dit afgodery. Die invoering van 'n kalender wat die week aanpas by 'n roteerende sisteem, het dieselfde effek.

Die eerste vier gebooie bepaal die verhouding van die mens tot God, en word herkend as die eerste en groot gebod van die wet, naamlik:Jy moet die Here jou God liefhê met jou hele hart en met jou hele siel en met jou hele verstand (en uit jou hele krag Markus 12:30)

Dit is die eerste en groot gebod. (Matteus 22:37-38)

Die onbetwistbare identifikasie met God kom voort uit die getroue volharding in die gebooie, en die vermyding van enige dade wat dit sou skend.

Die tweede groot gebod is: Jy moet jou naaste liefhê soos jouself. Daar is geen ander gebod groter as dié nie (Matteus 22:39; Markus 12:31).

Die tweede groot gebod word vervat in die onderlinge verhoudings wat bevestig word deur die laatste ses gebooie van die tien, wat betrekking het op die intermenslike verhoudings.

Die vyfde gebod is:

Eer jou vader en jou moeder, dat jou dae verleng mag word in die land wat die HERE jou God aan jou gee.

Die gesinsverhouding is die fundamentele bousteen van elke volk, en weerspiel die houding teenoor die breëre religieuse struktuur.

Die sesde gebod is:

Jy mag nie doodslaan nie.

Christene word geoordeel deur die hoëre wet om nie in boosheid met hul naaste te lewe nie. Om boosheid te koester is om jou naaste geweld aan te doen. Elkeen wat vir sy broeder sonder rede kwaad is, moet verantwoording doen voor die gereg; en elkeen wat vir sy broeder sê: Raka! moet verantwoording doen voor die Groot Raad; en elkeen wat sê: Jou dwaas! moet verantwoording doen in die helse vuur (Matteus 5:22).

Die sewende gebod is:

Jy mag nie egbreek nie.

Christene word geoordeel deur die hoër wet van begeerte na iemand anders wat nie jou eggenoot is nie (Matteus 5:28).

Die agste gebod is:

Jy mag nie steel nie.

Diefstal is om U naaste geweld aan te doen en u verhouding met God te verbreek.

Die negende gebod is:

Jy mag geen valse getuienis teen jou naaste spreek nie.

Regverdigheid en geregtigheid is in wese dieselfde begrip, en dieselfde Hebreeuse woord. Dus 'n Christen kan nie regverdig wees sonder om reg te handel nie. Die verduistering van gereg deur valse getuigenis werk teen die redding van die Christen.

Die tiende gebod is:

Jy mag nie jou naaste se huis begeer nie; jy mag nie jou naaste se vrou begeer nie, of sy dienskneg of sy diensmaagd, of sy os of sy esel of iets wat van jou naaste is nie.

Begeerte is 'n proses wat die materiële goedere of 'n seksuele verhouding plaas bo iemand se verhouding met God. In een opsig is dit afgodery. Dit maak 'n ander voorwerp die brandpunt van verlange en is teenstrydig met die ander gebooie. In hierdie opsig word die gebooie saamgevat, want die begeerte is 'n voorloper van die oortreding van die ander gebooie, en daarom beteken die oortreding van een van die gebooie van die wet die oortreding van die hele wet. Sonde is dus nie relatief nie. Sonde is die oortreding van die wet. Christus het 'n verduideliking van die ware begrip van die wet gegee in Matteus 5:21-48; waar Exodus 20:14, Deuteronomium 5:18, 16:18 behandel was. Sien ook Lukas 12:57-59.

Die gebooie moet deur alle ouers aan hul kinders voortdurend verduidelik word. Dit moet 'n teken wees op die hand en die voorhoof (deur gedagte en daad) en op die deurposte van die huis (Deuteronomium 7:7-9).

3.2.5 Ander Wette wat die Menslike Gedrag reguleer

3.2.5.1 Die Voedselwette

Die voedselwette word aangetref in Levitikus 11:1-47 en Deuteronomium 14:3-21. Dit is gebasseer op die sorg vir die menslike liggaam om goeie gesondheid te handhaaf, en is gebaseer op grondige fisiese beginsels. Die gebod is om heilig te wees en die liggaam op te dra as 'n toegewyde tempel vir die Heilige Gees. Die voedselwette kan wetenskaplik bewys word. Die drink of eet van bloed is verbode in Deuteronomium 12:16, en word verbied tesame met vet in Levitikus 3:17. Niks wat vanself vrek of verskeur was mag geëet word nie (Esegiël 44:31). Die gebodsbepaling aangaande die eet van vrugte word genoem in Leviticus 19:23-26. Hierdie wette het 'n Geestlike neerslag.

 

 

3.2.5.2 Die Sabbat

Die sewende dag sabbat moet gehou word (uit Eksodus 20:8-11; Deuteronomium 5:12-15) as 'n uitdrukkelike gebod van die Here, en is een van die tien gebooie. Dit is onaantasbare insettinge vir altyd vir alle mense. Die sabbat is heilig. Enigeen wat die sabbat ontheilig sal sterf, en word afgesny van Sy volk ( Eksodus 31:14-15). Dit is 'n ewigdurende insetting tussen die volkere van Israel, en is 'n ewigdurende teken tussen hulle en God, wat Hom as Skepper erken (Eksodus 31:16-17). Alle Christene is Geeselike Israel en alle heidene moet uiteindelik deel van die nasie van Israel word. Daarom is die sabbat 'n teken tussen God en sy volk vir alle tye. Die straf vir die ontheiliging van die sabbat is die dood, gesien in die lig van die prysgee van die Heilige Gees, en word oorgegee aan die tweede opstanding (sien Openbaring 20:5). Die sabbat is 'n verlustiging en moet geëer word as die heilige dag van die Here. Dit is nie 'n dag vir ydel vermaak nie, maar van heilige samekoms (Jesaja 58:13-14). Geen werk mag gedoen of las gedra word nie (Jeremia 17:21-22).

Ons Here het die sabbat gehou tydens sy lewe (Markus 6:2). Die apostels het die sabbat (en heilige dae) gehou, en ons moet ook die sabbatte hou. Die Here sal opnuut die sabbat, nuwe maan en heilige dae instel en wereldwyd bekragtig in die duisendjarige herstel van die laaste dae onder die heerskappy van Messias, en die nasies straf wat nie daaraan voldoen nie (Jesaja 66:23-24; Sagaria 14:16-19).

 

3.2.5.3 Die Nuwe Maan

Die nuwe maan moet volgens die wet gehou word (Numeri 10:10, 28:11-15; 1 Kronieke 23:31; 2 Kronieke 2:4, 8:13, 31:3). Handeldryf word opgeskort net soos vir die sabbat (Amos 8:5). Israel het die nuwe maan gehou (Jesaja 1:13-14; Ezra 3:5; Nehemia 10:33; Psalm 81:4; Hosea 2:10) en so ook die Gemeentes deur die eeue heen. Die Gemeentes het die nuwe maan met die sabbat en die heilige dae (Kolossense 2:16) gehou. Die nuwe maan sal in die herstel onder Messias as sabbat gehou word (Jesaja 66:23; Esegiël 45:17, 46:1, 3, 6).

 

3.2.5.4 Die Jaarlikse Heilige Dae

Verwysing na die jaarlikse Heilige Dae vind ons in Leviticus 23:1-44 en Deuteronomium 16:1-16. Hierdie jaarlikse Heilige Dae weerspiëel die verlossingsplan van die Here. Die heilige dae bestaan uit:

Hulle is verpligtend en het spesiale verordeninge as teken tussen God en sy volk. Die Heilige Dae word gehou as 'n sabbat.

 

3.2.5.5 Huwelik

Die Huwelik is 'n heilige instelling. Dit beeld die vereniging uit van Christus en die Gemeente onder God (Openbaring 19:7, 9). Hierdie gelykenis word uitgelê in Mattheus 22:2-14. Dit is 'n progressiewe instelling met Christus (Matteus 25:10), gebaseer op Geestlike gereedheid. Vanaf die tyd van die uiteindelike versoening sal daar geen huwelik meer wees nie. Die huwelik was gemaak vir die mens en is nie 'n instelling vir die Leërskare nie (Matteus 22:30). Dus wanneer mense opstaan uit die dode sal hulle nie meer trou nie, en ook nie in die huwelik uitgegee word nie (Markus 12:25). Dit is wanneer hulle waardig geag word om die nuwe eeu te betree deur die opstanding. Hulle is dan gelyk aan die Engele en is kinders van God (Lukas 20:34-36).

Die huwelik is dus 'n instelling wat ontwerp is vir die mensdom, en sal ophou om te bestaan wanneer die menslike fase van die skepping beëindig word. Sedert die skepping van Adam was hierdie instelling van krag, sodat 'n man sy vader en moeder verlaat en sy vrou aanhang, en hulle een vlees word (Genesis 2:24).

'n Vrou is 'n eggenoot deur 'n verbond en God wens dat godvresende kinders hieruit sal ontwikkel. Die Here haat egskeiding, wat geweldpleging is ( Maleagi 2:16). Egskeiding was toegestaan onder Moses, maar Christene mag nie hul eggenote skei nie, behalwe omrede hoerery (Matteus 5:31-32). Wat God saamgevoeg het mag geen mens skei nie (Matteus 19:3-12). Wanneer 'n ongelowige eggenoot toestem om te lewe met 'n gelowige eggenoot, moet die huwelik in stand gehou word (1 Korintiërs 7:10-16).

 

 

3.2.6 Finansieële Rekenskap

3.2.6.1 Teenoor God

Finansiële verantwoordelikheid teenoor God word gevind in Deuteronomium 12:6-19. Dit is die verantwoordelikheid van elke Christen om die aktiwiteit van die Gemeente te ondersteun. Hierdie beginsel word verkry van die tiende wat aan God geoffer word deur middel van die priesters en die Leviete sedert die inbesitneming van Israel (Deuteronomium 12:10-14), en is selfs ouer as die Tempel. Die Tempelbelasting word opgeneem tydens die Versoendag. 'n Heffing word opgeneem soos beskrywe in Nehemia 10:32. Die werk moet voortgaan vir die vestiging van die duisendjarige regering van Messias (Maleagi 3:1-6). In Maleagi 3:7 beveel God die volk om tot Hom terug te keer en Hy sal tot hulle terugkeer. Hierdie terugkeer word tot stand gebring met die werk van God, en die finansiering van die werk deur die tiendes (Maleagi 3:7). Die versuiming om tiendes te betaal staan gelyk aan die roof van God ( Maleagi 3:8-10).

 

Die betaling van tiendes, waar gesamentlik beoefen word, verseker dat die werk van God kan voort gaan, en die vrugte van die land word deur die Here, as antwoord daarop, gewaarborg (Maleagi 3:10-12).

Die verantwoordelikheid van die Gemeente teenoor God bestaan sedert die apostels, hoewel daar nie altyd hierop gereageer is nie, of was selfs by tye deur die dienaars oorgesien (2 Korintiërs 12:13-18). Christus stuur die ouderlinge uit, twee vir twee, en hulle moet finansieël ondersteun word in die werk deur die Gemeente met wie hulle werk (Lukas 10:1-12). Diegene wat die diens verrig in die Tempel en wat die evangelie verkondig moet deur die evangelie ondersteun word (1 Korintiërs 9:13-14). Dit is die verantwoordelikheid van die Gemeente om te sorg vir diegene wat voltyds werk in die goddelike onderwys en evangelie (1 Timoteus 5:17-18; Deuteronomium 24:14-15).

Tiendes is aanvaarbaar vir God, behalwe waar duidelik aangedui word dat dit afkomstig is van oneerlike wins, of aan afgode geoffer was (1 Korintiërs 10:28). Tiendes word aan die Gemeente betaal sodat daar gehelp kan word in die nood van hul behoeftiges (1 Timoteus5:9-10,16). Tiendes word op 'n plaaslike konferesie basis ingesamel, en 'n tiende van die tiende word betaal aan die konferensie van die hoofkwartier volgens Numeri 18:26 en Nehemia 10:37-39. Die wet op die eerstelinge verlang tydige betaling (Eksodus 22:29). Die eerste van die eerstelinge moet voor God gebring word onmiddelik aan die begin van die feeste; en in besonder op die eerste aand van die Insameling of Huttefees (Eksodus 23:19). Die eerstgeborene is eweneens vir die Here heilig (Numeri 18:15-18).

 

3.2.6.2 Teenoor Andere

Hy wat nie sorg vir sy huisgenote nie, en in die besonder vir sy eie gesin nie, verloon die geloof en is erger as 'n ongelowige (1 Timoteus 5:8).

Geen Christen mag met te lae lone iemand verdruk of die lone agterhou nie (Deuteronomium 24:15). Hy moet alles betaal wat verskuldig is, en in die sabbatsjaar die skuld van 'n broeder in die geloof kwytskel (Deuteronomium 15:1-3; Nehemia 10:31).

Die tiende-sisteem vir die feeste word gereguleer deur 'n aantal tekste. Die tweede tiende word nie binne die eie woonplek bestee nie, maar op die plek wat die Here verkies (Deuteronomium 12:17-19).

In die derde jaar van die sabbat siklus, word die tiendes betaal vir die welsyn van die armes (Deuteronomium 14:28, 26:12). Derde-tiende jare val op die jare 1994-95, 2001-02, 2008-09, 2015-16, 2022-23, 2030-31. Die heilige jaar 2030-31 is die eerste derde-tiende jaar van die nuwe jubeljaar-siklus of die nuwe Millennium. Dit is gebaseer op die jubeljare wat val in 27-28 en 77-78 jaar soos afgelei uit Esegiël 1:1. Die verpligting van die derde-tiende kan uitgelaat of gewysig word volgens die konstitusie van die Gemeente in gebiede waar die sosiale sekuriteit voldoende is.

Die Sabbatsjaar is 'n jaar van rus vir die land, die wingerde en die boorde, sodat die armes daarvan kan eet, en die natuurlike plantegroei kan herstel (Eksodus 23:10-11). Sabbatsjare val op die heilige jare 1998-99, 2005-06, 2012-13, 2019-20, 2026-27 met die jubeljaar wat val op 2027-28.

Diegene wat hul oor die armes ontferm, leen aan die Here, en Hy sal hulle vergoed vir hul weldade (Spreuke 19:17). Hulle sal geen gebrek ly nie (Spreuke 28:27), en ook 'n skat in die hemel hê (Markus 10:21). God is in staat om hierin te voorsien sodat u kan voorsien vir elke goeie werk, nie alleen vir die behoeftes van die heiliges nie, maar oorvloedig deur vele danksegginge aan God (2 Korintiërs 9:6-12).

 

3.2.7 Oorlogvoering en Stemming

3.2.7.1 Oorlogvoering

Die heiliges is priesters van die Allerhoogste God. Dit pas 'n Christen nie om die lewe van 'n ander te neem nie (Eksodus 20:13; Matteus 5:38-48; Lukas 6:27-36). Indien Christus se dienaars van die wêreld was, sou hulle geveg het, sodat hulle nie aan die wêreldse gesagsdraers oorgelewer sou word nie (Johannes 18:36). Hoewel ons in die wêreld lewe, is ons nie in 'n wêreldse oorlog betrokke nie (2 Korintiërs 10:3). Die wapens wat deur die uitverkorenes gebruik word, het goddelike krag om vestings neer te werp (2 Korintiërs 10:4). Dit is dus die plig van Christene om die regering van sy land te ondersteun en om in gebed en eerlike gehoorsaamheid te werk vir die welsyn van hul nasie, sodat God hulle deur Sy mag sal beskerm.

 

3.2.7.2 Stemming

Christene behoort die wette van die land te eerbiedig, behalwe wanneer dit in stryd is met die Bybelse wet. Waar hulle deur die wet verplig word om te stem, mag Christene getuig deur te stem as daar geen teenstrydigheid met Bybelse beginsels is nie. Die kies van leiers deur verkiesing word ontleen van Deuteronomium 1:9-14 en die eindtyd of duisendjarige ryk van die profesie van Hosea 1:11. Betrokkenheid by politieke stryd word gesien as 'n voortsetting van oorlogvoering.

 

 

 

Hoofstuk 4

Leer aangaande die Messias

4.1 Die Voorbestaan van Christus

Jesus Christus het voorheen bestaan as 'n geeselike wese. Hy het bestaan vanaf die begin van die skepping (Johannes 1:1) as die eersgeborene van die ganse skepping (Kolossense 1:15), en daarom die begin die skepping van God (Openbaring 3:14). Hy is die een wat in die Ou Testament genoem word die Engel van Yahweh, die Engel van die Aangesig of van die Verbond. Hy was die Engel wat Israel uit Egypte gelei het en deur die Rooi See. Hy was die Engel in die Wolk en die Engel wat tot Moses gespreek het by Sinai (Handelinge 7:35-38). Hy was die El Bethel of die El, die God of Hoë Priester van die Huis van God (Genesis 28:17, 21-22, 31:11-13; Hebreërs 3:1). Christus was die Engel van HaElohim (Genesis 31:11-13). Hy was gesalf tot elohim deur sy Elohim (Psalm 45:7-8), wat God die Vader was. Hy was aan Hom getrou, wat hom as seun aangewys het, net soos Moses getrou was aan God se huis (Hebreërs 3:2), maar as 'n dienskneg.

Christus het in die wêreld gekom om te getuig vir die waarheid (Johannes 18:37). Sy Koninkryk moet nog op die aarde kom. Hy was bestem voor die grondlegging van die wêreld, maar was geopenbaar by die einde van die tye terwille van ons (1 Petrus 1:20).

4.2 Die Kruisiging en Opstanding

Christus was in die wêreld gestuur om die mensdom te red deur die sonde uit die wêreld weg te neem (Matteus 1:21, 9:6; Markus 3:28) as die Lam (Openbaring 5:6-8). Hy was geslag sedert die grondlegging van die wêreld as die uitoefening van God se goddelike voorwetenskap (Openbaring. 13:8).

Tensy die mensdom glo dat Christus die Messias is, sal hulle sterf in hul sondes (Johannes 8:24).

Christus het vir ons sondes gesterf in ooreenstemming met die Skriftuur, en hy was begrawe en opgewek op die derde dag ooreenkomstig die Skriftuur (1 Korintiërs 15:3-4), en het verskyn aan meer as vyf honderd broeders (1 Korintiërs 15:5-6). Christus het alreeds opgestaan voor die eerste dag van die week, wat sondag genoem word (Johannes 20:1; sien ook die twyfelagtige vertaling in Markus 16:9-10, waar dit die verskyning is wat vroeg in die more was, en nie die opstanding nie. Sien die Ou Vertaling, and ook die ander epistels). Dit is ook geskryf dat hy drie dae en drie nagte in die hart van die aarde sou wees volgens die teken van Jona (Matteus 12:39-40; Lukas 24:6-8).

Christus was gekruisig (Matteus 27:32-50; Markus 15:24-37; Lukas 23:33-46; Johannes 19:23-30) omstreeks die derde uur, met ander woorde 9 vm (Markus 15:25), en tot die negende uur, dit wil sê 3 nm (Markus 15:33), op die veertiende van Nisan. Daar is geen bewys of dit op 'n martelpaal of die latere ontwikkeling van die T kruis was nie. Ongeag hiervan, word die kruis nie as 'n symbool van die geloof gebruik nie, omdat dit afkomstig is van antieke nie-christelike bygeloof.

Christus was gekruisig en het weer opgestaan (Markus 16:6). Na sy opstanding het hy opgevaar na sy Vader en ons Vader, en sy God en ons God (Johannes 20:11-18). Hy is gesetel aan God se regterhand, met Engele, heerskappye en magte onderworpe aan hom (1 Petrus 3:22).

Christus het mag om sondes te vergewe of te behou deur die apostels aan die Gemeente toegereken (Johannes 20:22-23).

 

4.3 Die Wederkoms van Christus

Christus het eers gekom as die offer vir die vergewing van sondes. Hy het nie destyds gekom as die Koning Messias nie, en die Jode van sy tyd het dit misverstaan. Hulle het 'n koning verwag wat sou verower het (Matteus 27:11, 29, 37; Lukas 23:2-3, 37-38; Johannes 19:14-16). Nietemin het sommige hom tog erken deur die Heilige Gees as die Koning van Israel (Johannes 1:50, 12:13-15), en so was die profesieë vervul (Sagaria 9:9).

Jesus sal weer kom met mag, vergesel deur die hemelse leërskare (Matteus 25:31), as Koning Messias (Openbaring 17:14). Sy koms sal duidelik sigbaar wees soos weerlig in die Hemel (Matteus 24:27). Hy sal met mag regeer met die opgestane heiliges (Openbaring 20:4).

Hy sal die man van sondes dood by sy koms (2 Tessalonisense 2:8) en vervolgens die wereldmagte. Die man van sondes sal sy mag verkry deur die werking van Satan met allerlei kragte en vals tekens en bedrieglike wonders (2 Tessalonisense 2:9). Die afvalligheid word na die Tempel van God gestuur omdat hulle nie die waarheid, waardeur hulle gered kon word, liefhet nie. Daarom stuur God aan hulle 'n dwaling, om te veroorsaak dat hulle die leun glo, omdat hulle nie aan die volle waarheid vasklou in die eerste plek nie (2 Tessalonisense 2:10-12). Die Here sal hierdie afvallige sisteem vernietig met die asem van sy mond en sy verskyning by sy wederkoms (2 Tessalonisense 2:8).

4.4 Die Duisendjarige Regering van Christus

Christus sal vir 'n duisend jaar lank 'n regering op die aarde vestig met die opgestane heiliges (Openbaring 20:3-4). Satan sal vir 'n duisend jaar geboei word en opgesluit word in 'n bodemlose put of tartaroo, die plek van die afvalige Engele (2 Petrus 2:4). Die heiliges, wat onthoof was vanweë hul getuigenis oor Jesus en die Woord van God, en diegene wat nie die dier en sy beeld aanbid het nie, of sy merkteken op hul voorhoof en hand ontvang het nie, sal opgewek word en saam met Christus regeer vir 'n duisend jaar lank (Openbaring 20:4). Dit is die eerste opstanding (Openbaring 20:5). Die rest van die dooies sal nie weer lewend word totdat die duisend jaar verby is nie (Openbaring 20:4). Dit is die tweede of die algemene opstanding

Tydens hierdie duisendjarige periode sal Christus opnuut die Koninkryk hervestig volgens die Bybelse wette wat hy op Sinai gegee het. Dit sal gebeur vanaf die dag dat hy op die Olyfberg staan (Sagaria 14:4, 6). Die volke sal opruk teen Jerusalem en sal vernietig word (Sagaria 14:12). Almal van die volke wat oorbly sal elke jaar opgaan om die Here van die leërskare te aanbid en die Huttefees te hou (Sagaria 14:16). Die sabbat, nuwe maan en heilige dae sal verpligtend wees, en die wet sal van Jerusalem af uitgaan. Die volke wat nie hul afvaardigings na Jerusalem stuur vir die Huttefees nie, sal geen reën ontvang op die bestemde tye nie (Sagaria 14:16-19).

Aan die einde van die Millennium sal Satan weer losgelaat word om die volke oor die hele aarde te verlei (Openbaring 20:7-8). Hulle sal weer versamel word vir die veldslag, maar sal deur vuur vernietig word (Openbaring 20:9). Dan sal satan vernietig word. Die algemene opstanding sal dan gebeur, asook die oordeel (Openbaring 20:13-15).

 

 

Hoofstuk 5

Die Vraagstuk van die Boosheid

5.1 Die Ontstaan van Boosheid deur die Rebellie van die Hemelse Leërskare

Satan was uit die hemel uitgewerp omdat hy die sonde van rebellie gepleeg het, omdat hy probeer het om 'n wil te vestig wat gelyk of selfs hoër is as dié van God die Vader, en dus afgodery (of beeldediens soos dit staan in 1 Samuel 15:23). Satan het probeer om homself gelyk te stel aan die Allerhoogste of God die Vader. Christus aan die ander kant, het nie probeer om homself gelyk te stel aan God nie, maar maak sy wil ondergeskik aan God (Johannes 4:34).

Hy, wat in die gestalte van God was, het dit geen roof geag om aan God gelyk te wees nie (of eerder 'sou nie God roof deur gelykheid aan te gryp nie' - sien die Amplified version) maar het Homself ontledig deur die gestalte van 'n dienskneg aan te neem en aan die mense gelyk geword;

en in gedaante gevind as 'n mens, het Hy Homself verneder deur gehoorsaam te word tot die dood toe, ja, die dood van die kruis.

Daarom het God Hom ook uitermate verhoog en Hom 'n naam gegee wat bo elke naam is

(Filippense 2:6)

Dus God het Christus verhoog as gevolg van sy gehoorsaamheid, omdat hy nie die gelyheid met Hom gesoek het nie, en nie probeer het om God opsy te stoot nie, soos 'n derde van die elohim en die bene elohim in werklikheid probeer het.

In Lukas 10:18 sê Christus dat hy die satan as 'n bliksem uit die hemel sien val. Satan sleep 'n derde deel van die Engele of Sterre van die hemel mee (Openbaring 12:4). Die Engele word tesame met die satan uitgewerp en op die aarde neergewerp (Openbaring 12:9). Die verwoesting word gesimboliseer deur die vernietiging soos beskrywe in Openbaring 8:10-11, waar die derde engel opnuut die verwoesting aanwys wat veroorsaak word deur die val van 'n Ster van die leërskare, waar 'n derde van die skepping verwoes word. Die leërskare was verwoes deur die rebellie. Die leërskare is die Tabernakel van God in die hemel. Die rebellie het veroorsaak dat 'n derde van die tabernakel verwyder is, en die sisteem van die aarde spreek godslasterlike dinge teen die naam van God en Sy woning, met ander woorde, teen diegene wat in die hemel woon (Openbaring 13:6). Dus God woon sowel in die hemelse tabernakel, bestaande uit die hemelse leërskare, asook in die uitverkorenes, die die aardse woning van God.

 

5.2 Die Leerstelling aangaande die Voorbestemming of Predestinasie.

Dit is God, deur Christus, deur middel van die Heilige Gees, wat die verstand van alle uitverkorenes open vanaf met die apostels, sodat die Skriftuur begryp kan word (Lukas 24:45). Christus het in gelykenisse gepreek sodat diegene wat nie uitverkore was nie, nie sou verstaan nie. Anders sou hulle dalk omkeer en gespaar word (Matteus 13:10-17) voordat hulle in staat sou wees om die oordeel binne te gaan. God is genadig en wil nie dat iemand verlore gaan nie. Deur Sy goddelike voorwetenskap en voorgevoel word elkeen geroep volgens Sy voornemens. Want diegene wat Hy tevore geken het, het hy ook te vore bestem tot gelykvormigheid aan die beeld van Sy seun, sodat hy die eersgeborene sou word onder vele broers. En dié wat Hy tevore bestem het, het Hy ook geroep, en dié wat Hy geroep het, het Hy ook geregverdig. Wat sal ons van die dinge sê? As God vir ons is, wie sal teen ons wees? (Romeine 8:28-31).

 

5.3 Die Status van die Dooies

Die status van die doderyk is stilte (Psalm 115:17) en duisternis (Psalm 143:3). Daar is geen ewiglewende siel nie. Een lot tref alle mense (Prediker 9:3). Die dooies weet niks nie (Prediker 9:5).

Sommige van die dooies uit die verlede sal nie opstaan nie (Jesaja 26:14 en vergelyk Jesaja 26:19).

Die dood van die heiliges word ook genoem slaap of die wat ontslaap het (sien Matteus 9:24; Johannes 11:11; 1 Korintiërs 11:30, 15:6, 18, 51; 1 Tessalonisense 4:13-15; 2 Petrus 3:4).

 

5.4 Die Opstanding van die Dooies

God doen wonders aan die dooies, en diegene wat gesterwe het, sal opstaan om Hom te loof (Psalm 88:11). Vanuit die graf word sy goedertierenheid verkondig (Psalm 88:12), wanneer die dooise opgewek word. Want Job wis dat sy Verlosser leef (Job 19:25) en dat hy uiteindelik op die aarde sou staan. Nadat Job ten gronde gegaan het, wis hy dat hy uit sy vlees God sou sien, wat aan sy kant sou wees, en dat sy oë Hom sou aanskou, en nie dié van 'n vreemdeling nie (Job 19:25-27).

Christus wek die dooies op, opdat ons sal weet dat hy die Messias is (Matteus 11:4-5). Lasarus was 'n voorbeeld van sy mag (Johannes 11:11). Hierdie begrip van die opstanding soos dit toegeskryf was aan die Messias in sy tyd, was bekend, en die regeerders het dit verwag (Matteus 14:2).

Hulle het verstaan dat ons nie almal sal ontslaap nie, maar dat ons almal verander sal word by die laatste trompet (1 Korintiërs 15:51). Dus die lidmate sal deur alle generasies heen ontslaap, maar in die laatste dae sal die Messias kom terwyl andere van die heiliges nog lewe. So sal almal verander word in onvergankelike Geestelike liggaame (1 Korintiërs 15:44). Die ontslapenes sal opgewek word. Die lewendes wat oorgebly het met die koms van die Here, sal nie voor die ontslapenes gaan nie (1 Tessalonisense 4:13-15). Die Here sal uit die hemel neerdaal tydens die roep van 'n aartsengel, tydens die blaas van die trompet van God, en die dooies in Christus sal eerste opstaan. Daarna sal die lewendes wat oorgebly het saam met hulle opgeneem word, en altyd met die Here wees (1 Tessalonisense 4:16-17).

Vanaf die opstanding sal die duisendjarige heerskappy van die heiliges begin. Die heiliges sal die nasies regeer met 'n ysterstaf (Openbaring 2:26-27).

In die opstanding sal daar geen huwelike wees nie (Matteus 22:30). Die heiliges sal as Geestlike wesens opgewek word. Christus het vir ons gesterf, sodat wanneer ons ontwaak uit ons slaap, ons saam met Hom kan lewe (1 Tessalonisense 5:10).

Dit is belangrik dat ons verstaan dat alleen die regverdiges deel het aan die eerste opstanding. Regverdigheid (zedek) en Geregtigheid is in Hebreeus dieselfde woord. Dit word as dieselfde gesien. Dus as die uitverkorenes hulle nie bekeer van regsverkragting nie, verloor hulle hul plek in die eerste opstanding.

 

5.5 Die Straf van die Goddeloses

Die mensdom word onderwerp aan 'n sisteem van opleiding in geregtigheid. Dit is God se wil dat geen vlees verlore gaan nie, maar dat almal tot bekering sou kom (2 Petrus 3:9).

As God sy Gees terug sou neem, sal almal wat leef uiteindelik sterf, en die mens sou terugkeer tot stof (Job 34:14-15). Dus daar bestaan nie iets soos 'n onsterfelike siel nie.

Die mense wat nie in die eerste opstanding opgewek word nie, wat 'n beter opstanding is (Hebreërs 11:35), sal uit die dode opgewek word by die tweede opstanding, na die duisendjarige regering van Messias. Hierdie proses is 'n periode van oordeel, wat moonlik oor 'n honderd jaar strek (Jesaja 65:20). Die opstanding van die veroordeling (Johannes 5:29) is een van teregwysing en verbetering, sodat die hele mensdom gereed gemaak word om die ewige lewe te ontvang. Die woord vir oordeel (kriseoos) beteken ook beslissing.

Die verbetering kom voort uit oortuiging en beslissings wat gedoen word afhangende van dade wat gepleeg was en word. Dit kan die begrip van straf of vergelding insluit. Nietemin het die gewone volk nie die geleentheid gehad om God te ken nie, en kan dan ook nouliks vir die feit gestraf word. Die goddeloses sal onderwerp word aan intensiewe opleiding. As hulle nie hulself bekeer nie, na die periode van honderd jaar, wat toegelaat word na die tweede opstanding, sal hulle moet sterf en sal hul liggaame verteer word deur Gehenna vuur (vertaal met hel of helvuur) (Matteus 5:22, 29, 30; 10:28, 18:9, 23:15, 33; Markus 9:43, 45, 47; Lukas 12:5; Jakobus 3:6)

Daar is drie woorde in die nuwe Testament wat vertaal word as hel. Die eerste is SGD 86 Hades wat soortgelyk is aan SHD 7585 Sheol, oftewel put of graf, die plek waarin dooie liggaame gelê word. Die tweede is SGD 1076 Gehenna, wat die oorspronkelike Hebreeus is vir die Dal van Hinnom. Dit was 'n vullesstortplek waar afval en dooie diere uit Jerusalem verbrand word. Christus het dit dus figuurlik gebruik terwyl hy verwys het na die opruiming en wegdoening van die dode, sowel liggaam as siel (Matteus 10:28), na die oordeel. Die derde is SGD 5020 tartaros wat die afgrond is waarin die Engele opgesluit was na die rebellie.

Die ewige straf (kolasin, doodstraf) genoem in Matteus 25:46 staan in teenstelling met die ewig lewe. Dit is gewoonweg die dood. Die begrip van straf, soos in timoria in Hebreërs 10:29, kom van die konsep van regverdiging. 2 Korintiërs 2:6 gebruik die woord epitimia vanaf aansien as landsburger. Vandaar is berisping hier die betekenis van die verlies van aansien as 'n landsburger.

Daar is dus geen plek van ewige foltering van die dooies nie. Die heiliges sal tydens die eerste opstanding geroep word vir 'n taak van onderwys in die Millennium sodat die duiwels geoordeel kan word ooreenkomstig hul gedrag en die wêreld 'n vergelykingsstandaard kan hê, waarteen die resultate gemeet kan word. Hulle sal nie sterf nie, met die verstandhouding dat hulle nou beoordeel word. Dus word van hulle gepraat asof hulle ontslaap.

Die res van die wêreld, wat nie deel vorm van die uitverkorenes nie, word nie beoordeel nie. Die res van die wêreld sal opgewek word en onder toesig bekeer en verbeter word in die tweede opstanding (Openbaring 20:12-13). Daar is geen ander opstanding of tugtiging behalwe die tweede of die algemene opstanding. Diegene wat tot bekering kom, sal die ewige lewe verkry met die heiliges van die eerste opstanding, en dié wat hulle nie bekeer nie, sal gewoonweg sterf en hul liggame verbrand word. Hierna sal die toestand van dood en die graf, of Hades, mee weggedoen word (Openbaring 20:14). Die goddeloses wat lewe tydens die wederkoms van die Messias sal gedood word (Maleagi 4:3) en oorgegee word aan die tweede opstanding.

Die tweede opstanding was die straf wat Juda opgelê word, omdat hulle Christus verwerp het. Hulle was die kinders van die Koninkryk wat die buitenste duisternis gewerp word (Matteus 8:12). Hulle was as 'n nasie oorgegee aan die tweede opstanding waar hulle andersins die goddelike natuur kon gedeel het (2 Petrus 1:4) en deel kon wees van die eerste opstanding. Afgesien van die toewysing as 'n stam binne die uitverkorenes (Openbaring 7:5), word Juda nie uitverkore om deel te hê aan die eerste opstanding nie. Baie word geroep maar min word uitverkies vir hierdie taak (Matteus 22:13-14). Baie wat aan Jesus glo, maar sy uitverkorenes mishandel, of nie ywerig is nie (Matteus 25:30), sal inderdaad oorgegee word aan die tweede opstanding (Matteus 24:51, 25:30), want baie word uitgedryf (Lukas 13:26-28). Selfs diegene wat in die eerste opstanding is, gaan volgens rangorde geplaas word (Lukas 13:30).

 

Hoofstuk 6

Die Gemeente

6.1 Wie of wat is die Gemeente?

Christus sê dat hy sy Gemeente sou bou op die rots en dat die poorte van die doderyk dit nie sal oorweldig nie (Matteus 16:18). God is die Rots, waarop die Gemeente gebou word. Die Gemeente is 'n versameling van afsonderlike indiwidue. Dit is nie 'n gebou of 'n organisie nie. Die Gemeente van God is die naam van die afsonderlike gemeentes (1 Korintiërs 1:2; 2 Korintiërs 1:1 en ook 1 Korintiërs 11:22 met betrekking tot die Gemeente van God wat in Korinte is). Gesamentlik is dit bekend as die Gemeente van God (Handelinge 20:28, 1 Korintiërs 10:32) of Gemeentes van God (Galasiërs 1:13, 1 Tessalonisense 2:14; 2 Tessalonisense 1:4). 1 Korintiërs 14:34 verwys na die Gemeentes van die heiliges, met betrekking tot die afsonderlike mense waaruit die Gemeentes saamgestel is. Die Gemeentes was versprei en elke Gemeente was autonoom en selfstandig.

Mense word persoonlik deur God geroep en aan Christus gegee (Johannes 17:11-12; Hebreërs 2:13, 9:15). Die Here voeg diegene wat gered word by die gemeente (Handelinge 2:47). Die Gemeentes word geïdentifiseer deur die woongebied (Romeine 16:1; 1Korintiërs 1:2; 1 Tessalonisense 1:1; 2 Tessalonisense 1:1; 1 Petrus 5:13) en was soms klein en het bestaan uit huisgemeentes (Romeine 16:5, 23; 1 Korintiërs 16:19; Kolossense 4:15; Filemon. 1:2). Christus was tot hoof gestel oor alles in die Gemeente (Efesiërs 1:22). God openbaar Sy wysheid aan die Hemelse magte deur die Gemeente (Efesiërs 3:10). Christus is die hoof van die Gemeente, wat sy liggaam is, en onderwerp is aan Christus. Christus het homself aan die Gemeente gegee, soos die hoof van 'n gesin dit vir die eenheid moet doen (Efesiërs 5:23-26). Die Gemeente moet voor Christus vertoon word sonder vlek of rimpel, heilig en onbesmet (Efesiërs 5:27). Die Gemeente word gevoed deur Christus (Efesiërs 5:29). Christus, as hoof van die Gemeente, was die eersgeborene uit die dode sodat hy voorrang mag geniet. Die Gemeente, as die liggaam van Christus, word aan Christus in die Huwelik gegee, as 'n groep by die eerste opstanding, wanneer die bruidegom kom (Matteus 25:1-10; Kolossense 1:18, 24). Die Gemeente bestaan uit die eersgeborenes en hul name is ingeskryf in die Hemel (Hebreërs 12:23). Die Huis van God is die Gemeente van die lewende God, die pilaar en die fondament van waarheid. Dus die Gemeente van God is gegrondves op waarheid (1 Timoteus 3:15).

 

6.2 Gemeente Organisasie

Die Gemeente in sy geheel is verantwoordelik vir die welsyn van sy mense (1 Timoteus 5:16). Dit is op 'n plaaslike basis.

Die Gemeente word gelei deur ouderlinge en diakens, verkose deur die lidmate (Handelinge 1:23, 26, 6:3, 5-6, 15:22; 1 Korintiërs 16:3; 2 Korintiërs 8:19, 23), wat vir die siek lidmate bid en hulle salf in die naam van die Here (Jakobus 5:14). Die Heilige Gees maak hulle opsieners oor die kudde, wat die Gemeente van God is (Handelinge 20:28). Die Gemeente is baie selfstandig (3 Johannes 9-10). Die administratiewe werk van die Gemeente word verrig deur diakens en diakonesse (Romeine 16:1) wat beproef word in die amp (Filippense 1:1; 1 Timoteus 3:8-13). Daar is in die Gemeente verskillende funksies, insluitende die van profete en leraars (Handelinge 13:1); en ook wonderwerke, gawes van genesing, bekwaamheid om te help, om te bestuur, en verskeidenheid van tale (1 Korintiërs 12:28). Die onderwys van die Gemeente word in verstaanbare tale gedoen, of in tale wat begryp en uitgelê kan word, vertaal deur aanwesiges (1 Korintiërs 14:4-5).

Die Gemeentes is verantwoordelik om te help in die werk van die dissipels of evangeliste, wat aangestel word tot groter gebiede of werkterreine as wat die afsonderlike Gemeentes moet hanteer (Handelinge 14:23, 27, 15:3, 4, 22, 18:22, 20:17; 1 Korintiërs 4:17).

Christus gee spesifieke boodskappe aan afsonderlike Gemeentes en die engele belas met elk van hulle gegee, om te dien as voorbeelde vir die uitverkorenes (Openbaring 2:1, 8, 12, 18, 3:1, 7, 14).

Die beslissings en beslegting van die alledaagse geskille en funksies word deur die gewone lede van die gemeente gedoen, sodat hulle vir hul toekomstige rol in die oordeel van die leërskare verder kan ontwikkel (1Korintiërs 6:4).

 

6.3 Doel en Taak van die Gemeente

Die belangrikste taak van die Gemeente is om voort te gaan met die verkondiging van die Evangelie van die Koninkryk van God, soos dit opgedra was aan Jesus Christus (Matteus 4:17, 10:7, 11:1; Markus 1:38-39; 3:14, [16:15]; Lukas 4:43, 9:60).

Die Gemeente moet die blye boodskap bring aan die ootmoediges, en die gebrokenes van hart verbind, vir gevangenes vrylating uitroep, vir geboeides die opening van gevangenis (Jesaja 61:1), en aan blindes herstel van hul gesig (Lukas 4:19). Dit behels ook die genesing van die siekes (Lukas 9:2).

Die evangelie is om die aangename jaar van die Here te verkondig (Lukas 4:19) en te getuig dat Christus deur God aangestel is tot regter oor die lewendes en die dooies (Handelinge 10:42).

Die voer van die Gemeente is die tweede taak van die ouderlinge (Handelinge 20:28), wat streef om orals in elke Gemeente te onderrig (1 Korintiërs 4:17). Die gawes van 1 Korintiërs 12:28 word aangewend om te help in die opbou van die Gemeente. Hierdie Geestelike gawes moet met ywer ontwikkel word vir die opbou van die Gemeente (1 Korintiërs 14:12). Die wyse waarop iemand sy eie huis bestuur, is 'n aanduiding van die doelmatige beheer van die Gemeente van God (1 Timoteus 3:5).

6.4 Heiligmaking

Diegene van die Gemeente wat geroep is deur die Heilige Gees (Romeine 15:16) om heiliges te word, word geheilig deur God die Vader en bewaar in Jesus Christus (Judas 1).

Die heiliges word geheilig deur God deur die bloed van die verbond (Hebreërs 10:29) en die liggaam van Jesus Christus (Hebreërs 10:9-10). Die heiliges word vervolgens gered in die doop (1 Korintiërs 6:11). Die Heilige Gees is dus 'n Gees van ons God, en deur die naam van Jesus Christus word die uitverkorenes geheilig, en gereinig deur sy offer, en bou voort in die geloof deur God (Handelinge 26:18).

Die uitverkorenes kry vergifnis uit die genade en behou hul posisie deur geloof. Daardeur word sowel die Gemeente asook die gesinne geheilig (1 Korintiërs 7:14). Daarom word die ongelowige eggenote en die kinders geheilig in die uitverkorenes. Die uitverkorenes word geheilig in die liggaam van Christus deur eenwording met die liggaam van Christus, (Romeine 12:5; 1 Korintiërs 12:20-27), en derhalwe is heiligmaking nie afhankelik van 'n georganiseerde struktuur nie.

 

Hoofstuk 7

Die Koninkryk van God

7.1 Die Vestiging van die Koninkryk van God

Die vestiging van die Koninkryk van God was verkondig waarby die regerings van die wêreld verwyder word deur die koms van Messias aan die einde van die huidige tydvlak (Daniël 2:44). Die Koninkryk van God was deur Christus verkondig, wat destyds gesê het dat dit naby was (Markus 1:14-15). Dus kom die Koninkryk in twee fases. Eerstens, die geestelike Koninkryk, waarop die fisiese duisendjarige Koninkryk onder Messias volg.

 

7.1.1 Die Geestelike Koninkryk

Tot en met Pinkster 30 na Christus het net party van die profete en leiders van Israël die Heilige Gees ontvang, en wel vir 'n besondere doel. Geen ander volk, tot en met die toelating van die heidene tot die Gemeente vanaf 30 na Christus, het die Heilige Gees ontvang nie. Dus almal is bestem tot die tweede of algemene opstanding in Openbaring 20:4.

Die Heilige Gees was beskikbaar vir die mensdom sedert die dood van Christus, as die eerste fase van die Koninkryk sedert Pinkster 30 AD ( Handelinge 2:1-4). Hulle het dit met krag gesien kom (Markus 9:1). Die Gees moet in nederigheid ontvang word, en ook met ywer vir kennis, net soos 'n kind (Markus 10:15). Tensy 'n mens wedergebore word, uit water en Gees, kan hy die Koninkryk van God nie sien nie (Johannes 3:3-5).

Die geheime van die Koninkryk van God was beperk tot die uitverkorenes en begrip word gegee deur die Heilige Gees. Daarom is die Bybel geskryf in gelykenisse (Lukas 8:10). Die Koninkryk van God bestaan nie net in kos en drank nie, maar in regverdigheid, vrede en blydskap deur die Heilige Gees (Romeine 14:17). Dit bestaan nie net in woorde nie, maar in krag (1 Korintiërs 4:20).

Bekering is 'n absolute voorwaarde vir toelating tot die Koninkryk. Berouvolle sondaars sal diegene wat hulself regverdig voorgaan (Matteus 21:31-32) . Die roeping van die uitverkorenes gebeur deur die algemene verspreiding van inligting, vergelykbaar met saad (Matteus 13:3-9). Dit word versprei en met groot ywer ontvang in die Gees (Matteus 13:44-46). Vandaar dat baie geroep word, maar min word in werklikheid uitverkore (Matteus 20:16, 22:14). Die roeping versamel ook anderes saam met die uitverkorenes, wat dan aan die einde van die tye gesif word, of by die koms van Messias, of, vir diegene wat al dood is, by die opstanding (Matteus 13:25-30, 36, 38-40, 47-50). Die uitverkorenes was bestem om geroep te word, en dus geregverdig en verheerlik te word (Romeine 8:30).

Wanneer die Koninkryk gegee word deur die Heilige Gees, is dit soos 'n mosterdsaadjie wat tot 'n groot boom groei, of soos suurdeeg wat die hele deeg deursuur (Matteus 13:31-33), sodat God dan alles in alles kan word (1 Korintiërs 15:28)( sien Marshall's Interlinear Efesiërs 4:6).

Die eerste voorwaarde is om die Koninkryk van God te soek en Sy geregtigheid, en al hierdie ander dinge sal aan u gegee word (Matteus 6:33). Die mag oor bose geeste is 'n teken van die Koninkryk van God in die persoon (Matteus 12:28). Die uitvoering van God se wil is 'n belangrike voorwaarde om die Koninkryk deur die Heilige Gees te behou. As dit nie korrek gebruik word nie, word dit weggeneem en aan andere gegee, wat die vrugte daarvan sal oplewer (Matteus 21:31, 43).

Die Koninkryk kom nie deur berekening of in uiterlike gedaante nie, maar is binne die persoon (Lukas 17:20-21). Die Koninkryk van God, of ook genoem die Koninkryk van die Hemel, word nie alleen vekry deur te bely dat Christus die Here is nie (wat een aspek van die uitverkorenes is), maar ook deur die uitvoering van die wil van God die Vader (Matteus 7:21). Deur die nederige uitoefening van God se wil kan 'n mens belangrik word in die Koninkryk van God (Matteus 18:3-4).

Diegene wat uitgesluit is van deelname aan die Koninkryk van God word in die besonder genoem in 1 Korintiërs 6:9-10, Galasiërs 5:19-21 en Efesiërs 5:5.

 

7.1.2 Die Duisendjarige Regering van Christus

Die duisendjarige regering van die Messias word in die besonder genoem in Openbaring 20:2-7. Die duisendjarige periode word ook wel Millennium of Chiliad genoem.

 

7.1.2.1 Die Wederkoms van die Messias

Die herinstelling van die Bybelse sisteem deur die koms van Messias word gevind in Sagaria 14. Christus sê in 'n gelykenis dat hy weg moet gaan en daarna weer terugkeer (Lukas 19:12).

Die Messias sal na die Olyfberg kom. Met sy uitverkorenes sal hy sy regering vestig. Hy sal die Tempel herbou (Handelinge 15:16). Hy sal die Bybelse sisteem instel, insluitende die sabbat, nuwe maan en jaarlikse heilige dae. Van alle volke sal verlang word om hul gesante te stuur na Jerusalem vir die Huttefees. Indien nie, sal hulle geen reën op die bestemde tye geniet nie (Sagaria 14:16-19).

Die wederkoms sal met groot tekens en wonders gepaard gaan, met groot mag en heerlikheid (Matteus 24:27, 30; Openbaring 1:7). Sy koms sal opvallend wees en gepaard gaan met tekens in die hemel (Openbaring 6:12). Die magte sal wankel. Die son sal verduister en die maan sal geen lig meer gee nie (Matteus 24:29; Handelinge 2:20). Hy sal aan die regterhand van die Almagtige gesetel wees, en sal kom op die wolke van die hemel. God gee dus Christus mag (Matteus 26:64; Markus 14:62; Lukas 21:27; Handelinge 1:11).

Christus sal kom met die roep van 'n aartsengel en by die laatste trompet (1 Tessalonisense 4:16-17; Openbaring 11:15).

Wanneer die seun van die Mens kom in al sy heerlikheid, om in sy heiliges verheerlik te word (2 Tessalonisense 1:10), met sy engele, sal hy die mensdom van mekaar skei en oor hulle sy oordeel uitspreek (Matteus 25:31-46).

Die uitverkorenes (diegene van die Koninkryk van God, aan wie die Heilige Gees gegee is na bekering en groot doop, en wat die gebooie onderhou) sal opgewek word by die wederkoms van Christus. Dit is die eerste opstanding. Die res van die dooies sal eers lewend word aan die einde van die Millennium. Dit is die tweede opstanding (Openbaring 20:4). Die uitverkorenes is die hoop en die rede vir die koms van die Messias (1 Tessalonisense 2:19; Openbaring 22:20). Die uitverkorenes moet onberispelik in heiligheid gereed wees by die koms van Christus en die leërskare (1 Tessalonisense 3:13; 5:23). Die liefde vir die waarheid is noodsaaklik om gered te word (2 Tessalonisense 2:10). Die Here sal die goddelose dooies by sy koms met die asem van sy mond verslaan (2 Tessalonisense 2:8). Die Gemeentes word aangespoor om waaksaam te bly en nie te slaap nie, omdat hulle nie die uur weet wanneer die Here kom nie (Markus 13:35-37; Openbaring 3:3, 11). Christus kom weer in geregtigheid en sal oorlog voer teen almal wat weier om God se gebooie te hou (Psalm 96:13; Openbaring 19:11). Christus sal terugkeer om die mensdom te vergoed vir al sy aktiwiteite (Openbaring 22:12).

 

7.1.2.2 Die insameling van Israel

By die wederkoms van die Messias sal die uitverkorenes en die oorlewendes van fisiese Israel, van wie sommige as priesters gebruik sal word, ingesamel en gebring word na Jerusalem vanuit die vier uithoeke van die aarde (Jesaja 11:12, 66:19-21).

 

7.1.2.3 Die Dag van die Here

Voor die Dag van die Here sal 'n opstand of verval (apostasia) plaasvind. Daar sal 'n versaking van die waarheid en die wet binne die groep van uitverkorenes gebeur. Die mens van wetteloosheid (anomias), so genoem vanwee sy afvalligheid van God se wette deur sy onderrig te midde van die uitverkorenes, word geopenbaar (2 Tessalonisense 2:3-8). Hy sit in die Tempel van God en word God genoem. Hy sal deur Messias gedood word by sy koms.

Die Here sal diegene vernietig wat oorlog voer teen Jerusalem. Die mense sal tydens hierdie vernietiging paniekerig raak, en teen mekaar draai (Sagaria 14:12-13). Dit sal plotseling gebeur (1Tessalonisense 5:3).

Hierdie verwoesting sal 'n verskriklike uitwerking op die aarde hê. Die mensdom sal skuil in die berge en rotse, omdat Christus met toorn gekom het. Niemand sal staande kan bly nie (Openbaring 6:16-17), as gevolg van die trompetgeskal en plae wat God in die laatste dae sal uitstort. (Openbaring 8:7-9:21; Openbaring 16:1-21). Die einde van die Dag van die Here (wat deurgaan tot aan die einde van die Millennium) sal die einde van die aarde in die huidige vorm beteken. Die planeet sal vernietig word met vuur (2 Petrus 3:7-10, 12), om sodoende alle spore van menslike bewoning te vernietig.

Die hele proses van die Dag van die Here is hierop gerig om die aarde te oordeel, en die mensdom te verbeter (Judas 14-16). Diegene van die uitverkorenes wat sondig word terug gegee aan die wêreldse sisteem, sodat hulle in die Dag van die Here behou kan word, deur tydens die tweede opstanding verbeter te word ( 1 Korintiërs 5:5). Dus is daar net twee opstandings.

 

7.1.3 Die Ewigdurende Koninkryk van God

7.1.3.1 Die Koms van God

Wanneer Christus alle heerskappy en mag en krag onttroon en ondergeskik het, sal hy die hele sisteem aan God oordra (1 Korintiërs 15:24, 28). Dan sal God na die aarde kom, en die gesag van die Hemel na die aarde oorbring. Die aarde sal vol van Sy heerlikheid wees (Jesaja 6:3) en God en Sy Lam sal die lig van die sisteem wees (Openbaring 21:23).

 

7.1.3.2 Die Nuwe Aarde en die Nuwe Jerusalem

Jesaja 65:17 sê dat daar 'n nuwe hemel en aarde geskape sal word. Die nageslag van Israël sal voor God staan in die nuwe sisteem (Jesaja 66:22) tot aan die einde van die Millennium wanneer alle vlees oorbodig sal word. God sal in Sion woon en dit sal die Stad van Trou genoem word (Sagaria 8:3). Die Nuwe Jerusalem sal uit die hemel kom (Openbaring 3:12). Die Nuwe Jerusalem is die Heilige Stad wat neerdaal op die skepping van die nuwe hemel en die nuwe aarde (Openbaring 21:1-4, 7, 10). Dan sal God met almal wees. Aan die vorige dinge sal nie meer gedink word nie (Jesaja 65:17). Ons verwag die nuwe hemel en die nuwe aarde, waar geregtigheid woon, volgens die belofte (2Petrus 3:13). Baie van die uitverkorenes wat oorwin, sal pilare word in die nuwe Tempel van God (Openbaring 3:12). Dit is dus 'n geestelike bouwerk.

 

7.1.3.3 Die eindbestemming van die mensdom

Aan die uitverkorenes sal die regering oor die planeet tydens die Millennium gegee word (Lukas 19:17, 19), en hulle sal soos engele wees (Matteus 22:30), die aarde beërwe, en uiteindelik God sien as kinders van God (Matteus 5:3-11). Hierdie posisie word dan uitgebrei na alle volke (Matteus 8:11). Dit behaag God die Vader (Lukas 12:32). Want almal wat deur die Gees van God gelei word, is Seuns van God (Romeine 8:14).

Die duisendjarige Koninkryk van Messias is eintlik net die onderwysmetode om die mensdom voor te berei vir hul uiteindelike verantwoordelikheid. So vervul hulle hul potensiaal, en die plan van God, wat uitgelê was voor die grondlegging van die aarde.

De uiteindelike bestemming van die mensdom is om hulle gereed te maak om hul plek in te neem in die nuwe geïntegreerde sisteem van die leërskare, en om hul regmatige erfdeel op te neem, wat die ontwikkeling en bestuur van die aarde is (Psalm 8:2-9; Daniël 2:44-45), en die nuwe geordende heelal (Daniël 7:27, 12:3).

 

Appendix

Die Gees van die Drie-eenheidsleer

Die Trinitariers verwyder die teologie van die sogenaamde ekonomie van die verlossing in die vleeswording van Jesus Christus. Waar LaCugna (in "GOD FOR US The Trinity and Christian Life, Harper, San Francisco, 1991") die ontwikkeling van die leer van die Drie-enigheid behandel en die verwydering van die teologie van die plan van verlossing (of soteriologie) soos openbaar gemaak in die vleeswording van Christus, merk hy dat die Kappadociëns hul teologie georiënteer het in 'n rigting wat verder bydra tot die verwydering tussen die ekonomie van verlossing en die teologie.

Hierdie trajectorie, of koers, lei tot die

"via negativa van Pseudo-Dionysius en tenslotte tot die teologie van Gregorius van Palamas (Hoofstuk 6). In Wes Latyn, in die periode wat onmiddellik volg op Nicaea, het teoloë soos Hilarius van Poitiers en, miskien tot 'n buitengewone mate, Marcellus van Ancyra, die verband tussen die goddelike hypostase en die ekonomie behou. Augustinus het 'n totaal anderse benadering. Sy vertrekpunt was nie langer die alleenheerskappy van die Vader nie, maar om die goddelike vermoëns gelyk te verdeel onder drie persone [nadruk toegevoeg]. In plaas van ondersoek te doen na die aard van theologia soos geopenbaar in die Vleeswording van Christus en verheerliking deur die Gees [nadruk toegevoeg], sou Augustinus ondersoek doen na die spore van die Drie-eenheid wat gevind sou word in die siel van elke mens. Augustinus se strewe na die 'psygologiese' analogie vir die verhoudings binne die Drie-eenheid sou beteken dat die Drie-eenheidsleer hierna hom besig sou hou met die 'interne' verhoudings van die Godheid, losgemaak van wat ons weet van God deur Christus in die Gees" (LaCugna, bl 44).

Die Medieval Latynse teologie het Augustine gevolg, en ook die verwydering tussen die teologie en die ekonomie of soteriologie. Die hele struktuur het verstrengel geraak met neo-Platonisme en Mistisisme.

Die belangrike noterings van LaCugna is dat vanuit Agustine sou dit blyk dat die Monargie van die Vader nie meer belangrik was nie. Die Drie-eenheid veronderstel wedersydse gelykheid. Dit was die tweede stap wat voorspruit uit die onjuiste bewering dat albei Wesens verewig gelewe het. Die korrekte veronderstelling was die begrip van die openbaarmaking van die Godheid in elke individu, met ander woorde die werking van die Vader deur middel van die Heilige Gees wat uitvloei vanuit Hom deur Jesus Christus. Hierdie leiding deur Jesus Christus stel Christus in staat om die individu waar te neem en te lei in lyn met God se Wil. So leef God in elke uitverkorene.

Christus was nie die oorsprong van die Heilige Gees nie. Hy was die Gees se bemiddelaar en kontroleerder. Hy het vir God opgetree soos Hy nog altyd gedoen het, volgens die wil van God. Maar hy was nie Die God nie. Die Trinitariers het hierdie feit uit die oog verloor, as hulle ooit dit verstaan het. LaCugna verduidelik dat die:

Teologie van die drie-enige God blyk bygevoeg te wees in oorweging van die een God (bl. 44)

Dit het basies die manier geaffekteer waarop Christene bid. Hulle bid nie meer net tot die Vader nie (Matteus 6:6, 9), en in die naam van die Seun soos die Bybel dit vir hulle uitlig nie (Lukas 11:12), om sodoende die Vader te aanbid (Johannes 4:23). Hulle bid tot die Vader, Seun en Heilige Gees. Verder het die geleerdes 'n bonatuurlike teologie op sy eie ontwikkel. Maar die hele leering was gebou op miskenning en manipuleering van die Bybelse skriftuur. Dit is waarom die Trinitariers nooit al die Bybelse verse wat die oor onderwerp handel gebruik nie. Hulle misvertaal en haal sleutel verse verkeerdelik aan, en ignoreer die verse wat hulle nie kan verdraai nie.

Maar hul sisteem is gebasseer op Mistisism en Platinisme. LaCugna skryf dat

Die Cappadocians (en ook Augustine) het veel verder gegaan as die skriftuurlike begrip van ekonomie deur God se verhouding met Sy seun (en die Gees) op 'n intra-goddelike vlak te plaas (bl. 54)

Volgens dit bestaan die Een God as ousia in drie verskillende hypostases. Ons het gesien (Cox, Die Uitverkorenes as Elohim) dat die Platonistiese terme ousia en hypostases basies die selfde beteken.

Hierdie herplasing en beperking van die Gees tot die heilige binnewerking van God beteken dat die uitverkorenes nooit kan meedeel in die Goddelike natuur soos Christus daarin gedeel het nie. Hierdie bewering is teenstrydig met die Skriftuur. Die uitverkorenes deel wel in die Goddelike Natuur (2 Petrus. 1:4)

In Efesiërs 1:22 het God alles aan Christus onderwerp en hom hoof van die Gemeente gemaak in alle opsigte.

God het Christus opgewek

 

uit die dood en hom geplaas aan Sy regterghand in die hemel, bo alle owerheid en mag en heerskappy, en bo elke naam wat genoem is, nie net in hierdie tydvlak nie, maar ook in die toekoms; en Hy het alles onder sy voete geplaas en hom hoof gemaak oor alles vir die Kerk, wat sy liggaam is, die volheid van hom wat alles in almal vervolmaak.

Aan Christus is dus gesag gegee oor alle ander name, soos Sy naam opsigself gesag verteenwoordig. Aan Hom is alle gesag gegee sodat die Gemeente sy erfenis kan ontvang deur Christus waarin die volle wese van God beliggaam is (Kolossense 2:9). Die oorspronklike woord wat hier gebruik was is theotetos wat Godheid of die wese van God beteken.

Nou, Thayer sê dat godheid (theos) verskil van goddelikheid of godgeleerdheid (Theios) soos wese verskil van kwaliteite of kenmerke (Thayer's, bl. 288). Die betekenis hier is dat die volheid van die wese van God liggaamlik in Christus verwesenlik is. Dit is hierdie volheid van wese wat aan ons gegee is sodat almal die nuwe natuur van God kan verwesenlik (Kolossense 3:10). Hulle is dus nie Jood of Griek nie, maar is almal van Christus omdat hy in almal is (Kolossense 3:11). Hy ontwikkel mense, deur die krag van die Heilige Gees, sodat God uiteindelik alles is in alles (1 Korintiërs 15:28).

Wanneer alles dan aan die Seun onderwerp is, sal Hy Hom ook self onderwerp aan die Vader wat alles aan Hom onderwerp het. So sal God [alles wees vir alles NAV] (panta en pasin) [sien ook Marshall's Interlinear en ook Kolossense. 3:11 (panta kai en pasin)].

Die Trinitariers het begin om hierdie vers te vertaal tot alles vir almal om die logiese uitbreiding van God as wese na alle mense, net soos die geval is met Christus, te verhinder, wanneer al hierdie verse saam beskou word.

Dit is Christus wat ons vul met die volheid van God (Efesiërs 3:19). Die volheid van Christus is 'n spieëlbeeld van die Vader (Efesiërs 4:13). Dus word ons ’n spieëlbeeld of eikon van die Vader net soos Christus, en dus is ons kinders van God en mede-erfgename met Christus van die Koninkryk van God (Romeine 8:17, Jakobus 2:5). Dus erfgename kragtens die belofte (Galasiërs 3:29) van saligmaking (Hebreërs 1:14) en gesamentlike erfgename van die genadegawe (1 Petrus 3:7)

Die Seun van God word weer op sy beurt die Ewige Vader (Isa 9:5), deurdat Hy die hoof van die vaderskap van die menslike leërskare is, en so Sy plek inneem gesamentlik met die ander vaderskappe in die hemel, waarvan daar baie is (Efesiërs 3:14).

Daarom kniel ek in gebed voor die Vader aan wie die hele gemeenskap van gelowiges in die hemel en op die die aarde sy bestaan te danke het.

Die woord gemeenskap hier is patria of vaderskap. Dus die titel vader, of dit nou van gemeenskappe of die gemeenskap van God is, is ’n titel wat oorgedra word en wat die verantwoordelikheid verteenwoordig van elke leier van elke eenheid tot op familie vlak. Dus die volgorde is van God tot Christus tot die manlike hoof van die families (1 Korintiërs 11:3), wat hul verantwoordelikheid moet vervul soos God dit tot Christus vervul en ook die ander Seuns van God, wat elohim is, en soos hierdie elohim weer hul verantwoordelikheid vervul teenoor diegene wat ondergeskik aan hulle is.

Die Heilige Gees is die werktuig wat al hierdie wesens met mekaar verbind en die bekwaamheid om elohim te wees oordra. Daarom is die Heilige Gees nie God in die sin dat dit apart van die individu staan, en beperk is tot ’n intra-goddelike verhouding van slegs drie wesens nie. Almal is seuns van God en dus mede-erfgename met Christus op dieselfde manier. Die aanbidding van die Heilige Gees is dus op ’n manier selfaanbidding, omdat dit die manier is waarop God alles in alles word.

Dus word die aanbidding daarvan logies verbied as selfaanbidding in die sin dat dit deel uitmaak van die persoon self. Dit is 'n krag of middel wat die oordra van kennis bewerkstellig, en nie God self nie. Die Heilige Gees gee aan ons die vermoë om Elohim of Teoi te wees.

Die Godheid is 'n struktuur wat uitgebrei is tot 'n Raad. In Psalms en ander verse hieronder genoem word verwys na die Raad, en die Troon van God en die Raad van Ouderlinge word beskryf in Openbaring 4:1 to 5:14. Die Raad, wat Christus as die Lam en Hoë Priester insluit (Hebreërs 8:1-2), dien en aanbid die Here God, die Almagtige (Openbaring 4:8-11). In Sy bediening tot God, het Christus sy lewe geoffer, want elke priester moet iets hê om te offer (Hebreërs 8:3).

Openbaring 4:8 meld dat die Here God, die Almagtige, gesetel is op Sy Troon bo die ouderlinge wat ook op trone sit. Hul trone is ondergeskik aan die almagtige God wat alles volgens Sy wil geskape het. Hy is die Here God van Jesus Christus en die Raad.

Daar is verskeie Seuns van God wat die Leërskare uitmaak (van Job 1:6, 2:1, 38:7; Psalms. 86:8-10, 95:3, 96:4, 135:5) wat geidentifiseer word as Bene Elyon of Seuns van die Allerhoogste (sien ook Sabourin SJ, The Psalms: Their Origin and Meaning [Die Psalms: Hul oorsprong en Betekenis], Alba House, NY, pp. 72-74). Die menslike uitverkorenes is ook ingesluit by die hemelse Leërskare as Seuns van God (van Romeine. 8:14)

Christus was die eersgeborene of eersverwekte van die skepping. Alles is vir hom geskape, in die hemel en op die aarde, sigbare en onsigbare, of dit nou trone, heerskappye, owerhede of magte is. Alles is deur hom en vir hom geskape. Hy was voor alles, en deur hom bly alles in stand (Kolossense 1:16-17). Maar dit was God wat hom gegenereer het en wie se wil dit was dat die skepping bestaan en voortbestaan in Christus. Dus is Christus nie God in dieselfde sin wat God die Vader God is nie, wat alleenlik onsterflik is (1 Timoteus 6:16) en uit Homself bestaan tot in alle ewigheid.

God word deur die Bybel voorgehou as die God en Vader van Christus (uit Romeine 15:6; 2 Korintiërs 1:3, 11:31; Efesiërs 1:3, 17; Kolossense 1:3; Hebreërs 1:1; 1 Petrus 1:3; 2 Johannes 3; Openbaring 1:1, 6, 15:3). Christus ontleen sy lewe, mag en gesag aan die gebod van God die Vader (Johannes 10:17-18). Christus maak sy wil ondergeskik aan dié van God, wat die Vader is (Matteus 21:31, 26:39; Markus 14:36; Johannes 3:16, 4:34). God het die uitverkorenes aan Christus gegee, en God is groter as Christus (Johannes 14:28) en groter as alles (Johannes 10:29).

Dus het God sy eniggebore (monogene) Seun in die wêreld gestuur, sodat ons mag lewe deur hom (1 Johannes 4:9). Dit is God wat Christus eer, terwyl God groter is (Johannes 8:54).

Christus het sy mag as God se Seun in die leërskare ter syde gestel en mens geword, 'n afstammeling van David volgens die vlees (Romeine 1:3). Hy was verklaar as God se Seun in krag volgens die Gees van heiligheid deur sy opstanding uit die dode, as Jesus Christus, ons Here (Romeine 1:4).

God is die Rots (sur) soos die Steengroef of Berg, waaruit al die andere gewerf word; die steen van Josua 5:2, wat die Israëliete besny het, die vernaamste en belangrikste rede ( Deuteronomium 32:4, sien Maimonides, Gids van die Verwardes, Universiteit van Chicago Druk, 1965, Hf. 16, bl. 42). God is die Rots van Israël, die Rots van hul heil (Deuteronomium 32:15), die Rots wat hulle verwek het (Deuteronomium 32:18, 30-31). In 1 Samuel 2:2 sien ons dat God is ons Rots, 'n ewige Rots (Jesaja 26:4). Uit die Rots word al die ander geroepes gewerf, soos ook al die nakomelinge van Abraham deur die geloof (Jesaja 51:1-2). Die Messias is uit hierdie Rots gewerf (Daniël 2:34, 45) om die wereldryke te onderwerp. God, en nie Petrus, nog Christus, nog iemand anders, is die Rots of grondslag waarop Christus sy Gemeente sal bou (Matteus 16:18), en waarop hy homself berus as sy fondament.

Messias is die Hoof Hoeksteen van die tempel van God, waarvan die uitverkorenes die Naos of die Allerheiligste is, die houer van die Heilige Gees. Die Tempelstene word almal gewerf uit dié Rots, wat God is, net soos Christus was, en aan Christus gegee, die geestelike rots (1 Korintiërs 10:4), die rots ter ergernis en die steen des aanstoots (Romeine 9:33), om die Tempel te bou. Christus sal die Tempel bou sodat God die geheel in alles is (Efesiërs 4:6). God het aan Christus gegee om alles in alles te wees (panta kai en pasin Kolossense 3:11), deur alles onder sy voete te plaas (1 Korintiërs 15:27), en hom as hoof aan te stel bo alles in die Gemeentes, wat sy ligaam is, die volheid van hom wat alles vervolmaak (Efesiërs 1:22-23). Wanneer God alles onder Christus onderwerp het, is dit duidelik dat God uitgesonder is, want Hy is die Een wat alles onder die voete van Christus onderwerp het (1 Korintiërs 15:27).

Wanneer Christus alles onderwerp, dan sal Christus homself ook onderwerp aan God, wat alles onder Christus onderwerp het, sodat God alles in alles word (panta en pasen 1 Korintiërs 15:28). Dus die Platonistiese leerstellinge wat probeer om God en Christus in die Drie-eenheid saam te voeg weerspreek die Skriftuur. Christus sal aan die regterhand van God sit, op bevel van God (Hebreërs 1:3, 13, 8:1, 10:12, 12:2; 1 Petrus 3:22) en God se troon deel, soos die uitverkorenes die troon sal deel wat aan Christus gegee is (Openbaring 3:21), wat 'n troon van God is (Psalm 45:7-8; Hebreërs 1:8 of God is U troon wat vertaal is U Troon, o God, sien voetnota in die genoteerde RSV).

God, wat stuur, is groter as hy wat gestuur is (Johannes 13:16), en die slaaf staan nie bo sy heer nie (Johannes 15:20). Dit is amper belaglik om te wil voorstel dat 'n Wese 'n offer vir homself sou kon wees. So 'n daad is normaal gesproke selfmoord, of, volgens die aanhangers van die Drie-eenheid, 'n gedeeltelike verminking. Vandaar ontken die leerstelling die wederopstanding, veral volgens 1 Korintiërs 15.

Dus die onderskeid in die kruisiging en opstanding is noodsaaklik en volledig. Die opstanding moes in die vlees gewees het en behels die verandering tot Gees as ons Beweegoffer, anders is daar geen verlossing en geen voortgaande oes nie. Die voorbereiding van Christus vir die hemelvaart na sy God en ons God, wat ons Vader is (Johannes 20:17), was werklik en kenmerkend.

q