Christen Kerke van God

 

[198]

 

 

God Ons Verlosser [198]

(Uitgawe 1.0 19970426-19970426)

 

 

Die identiteit van die Verlosser is dikwels onder Christene verwar.  Die Bybel blyk beide God en Christus te identifiseer as die Verlosser.  Beteken dit dat hulle dieselfde is, soos die Trinitarieërs ons wil laat glo?  Wat is die ware verduideliking?

 

 

Christian Churches of God

Posbus 369,  WODEN  ACT 2606,  AUSTRALIA

 

Epos aan: secretary@ccg.org

 

(Kopiereg ã 1997 Wade Cox)

(Tr. 2002)

 

Hierdie verslag mag vrylik gekopiëer en verspei word op die voorwaarde dat dit gekopiëer word in die totaal met geen veranderings of weglatings nie.  Die uitgewer se naam en adres en die kopieregkennisgewing moet ingesluit wees.  Geen kostes mag van ontvangers van verspreide kopieë ingevorder word nie.  Kort aanhalings mag in kritiese artikels en resensies ingesluit word sonder om die kopiereg te skend.

 

Hierdie verhandeling is verkrygbaar vanuit die Wêreld-wye Webwerf:

http://www.logon.org and http://www.ccg.org

 

 


God ons Verlosser [198]

 


Daar is baie skrifture wat verklaar dat Jesus Christus ons Verlosser is.  Op dieselfde manier is daar baie skrifture wat verklaar dat God ons Verlosser is.  Die Trinitariërs kom tot die gevolgtrekking dat God en Christus dieselfde is en dat hulle bloot persoonlikhede of onderelemente van die een, genoemd God, is.

 

Judas maak ‘n onderskeid tussen die alleen, wyse God, ons Verlosser, en Jesus Christus, ons Here, deur wie ons, sonder gebrek, aan God voorgestel kan word.

Judas 24-25 24  Aan Hom nou wat magtig is om julle vir struikeling te bewaar en julle sonder gebrek voor sy heerlikheid te stel met gejuig, 25  aan die alleen wyse God, onse Verlosser, kom toe heerlikheid en majesteit, krag en mag, nou en tot in alle ewigheid! Amen.

 

In 2Petrus 3:2,18 blyk dit dat Petrus met Christus as Verlosser handel.

2Petrus 3:18 18 Maar julle moet toeneem in die genade en kennis van onse Here en Verlosser, Jesus Christus.  Aan Hom kom die heerlikheid toe, nou sowel as in die dag van die ewigheid.  Amen.

Hierdie tema begin in 2 Petrus 1:1,11

 

Dit mag geargumenteer word dat die uitdrukking in werklikheid meen dat Christus die regverdigheid van God en ons Saligmaker is.  Dit is, dat die Vader beide God en Verlosser van ons is en Christus, soos dit in beide die Ou Testament en Nuwe Testament gebruik word, die “Regverdige van God” asook die “Verskyning van Sy glorie” is.  Dit moet dan in vers 11 beteken dat Christus ook die Ingang in die koninkryk van onse Here en Saligmaker, wat God is, was.  Daarom, is Christus beide Regverdigheid en Ingang soos hy die gedaante van die Glorie van God is.

 

2Petrus 1:1 1  Simeon Petrus, ‘n dienskneg en apostel van Jesus Christus, aan die wat net so ‘n kosbare geloof as ons verkry het deur die geregtigheid van onse God en Saligmaker, Jesus Christus:

2Petrus 1:11 11  En so sal ryklik aan julle verleen word die ingang in die ewige koninkryk van onse Here en Saligmaker, Jesus Christus.

Hierdie begrip is veroorloof in die teks wat pas met die Ou Testament se begrip van die Verskyning van die Glorie van God.  Hierdie betekenis sal dan uitgebrei word in 2Petrus 2:20 om te insinueer dat die kennis van die Here, Jesus Christus was.  

2Petrus 2:20 20 Want as hulle, nadat hulle ontvlug het aan die besmettinge van die wêreld deur die kennis van die Here en Verlosser, Jesus Christus, hulle tog weer deur hierdie dinge laat verstrik en oorwin word, dan het vir hulle die laaste erger geword as die eerste.

 

Dit kan verklaar word, as ‘n verwysing na wysheid, soos ons in Spreuke 8:22 sien.

 

Die ewige lewe word inderdaad bekom deur die kennis van die enige waaragtige God, en Jesus Christus wie Hy gestuur het.  (Jhn. 17:3).   Dit is dus noodsaaklik om hierdie veronderstelling, dat Christus die kennis of wysheid van ons Here en Verlosser, wie God is, te steun.

 

So ‘n mening sal teen al die skrifture ondersoek moet word.

 

Dit word duidelik deur Johannes verklaar dat God Sy seun as Verlosser van die wêreld gestuur het.

1Johannes 4:14  14  En ons het aanskou en ons getuig dat die Vader die Seun as Verlosser van die wêrld gestuur het.

Dit is dus duidelik dat Johannes Christus beskou as Verlosser van die wêreld, deur God gestuur.

 

Paulus blyk ‘n teenstrydige mening te hê wat aangeneem kan word as om die Trinitariërs se mening te ondersteun, dat God en Christus albei die Verlosser is, en gevolglik, dieselfde wese is.  Paulus handel met dié begrip van God as Verlosser in 1 Timótheüs.

1Timótheüs 1:1 1 Paulus ‘n apostel van Jesus Christus, volgens die bevel van God, onse Verlosser, en van die Here Jesus Christus, onse Hoop,

 

Hier maak Paulus ‘n duidelike onderskeid tussen God, ons Verlosser, en Jesus Christus, ons hoop. Hy dra hierdie begrip oor in hierdie teks.

1Timótheüs 2:3-6 3 Want dit is goed en aangenaam voor God, onse Verlosser, 4  wat wil hê dat alle mense gered word en tot kennis van die waarheid kom. 5  Want daar is een God en een Middelaar tussen God en die mense, die mens Christus Jesus, wat Homself gegee het as ‘n losprys vir almal, as die getuienis op die regte tyd,

 

Hier sien ons dat Paulus ‘n duidelike onderskeid maak tussen God wie ons Verlosser is, en Christus.  Paulus gaan voort in die veronder-stelling dat dit God is wat die Verlosser is van alle mense.

1Timótheüs 4:10 10 want hiervoor arbei ons ook en word ons gesmaad, omdat ons gehoop het op die lewende God wat ‘n Behouder is van alle mense, insonderheid van die gelowiges.

 

Daar is geen Trinitariër implikasies in Paulus nie, want hy is besig om ‘n onderskeid te maak tussen God en Christus.  Paulus was nie ‘n Trinitaiër nie.  

 

In 2Timótheüs, dig Paulus die posisie van Verlosser aan Christus toe.

2Timótheüs 1:8-10 8 Skaam jou dan nie oor die getuienis van onse Here of oor my, sy gevangene nie, maar ly saam verdrukkinge vir die evangelie na die krag van God 9 wat ons gered en geroep het met ‘n heilige roeping, nie volgens ons werke nie, maar volgens sy eie voorneme en genade wat ons geskenk is in Christus Jesus van ewigheid af; 10 maar wat nou geopenbaar is deur die verskyning van onse Verlosser, Jesus Christus, wat die dood tot niet gemaak het en die lewe en die onverderflikheid aan die lig gebring het deur die evangelie,

Vanuit hierdie teks begin ons die onderskeid sien soos dit voorkom in die Bybel.  Die verduideliking is eenvoudig.  God red ons en roep ons met ‘n heilige roeping van die begin af.  Dit was gedoen volgens Sy plan en die genade wat Hy aan ons geskenk het in Jesus Christus van ewigheid af.  In werklikheid, gee Hy ons die genade en skryf ons in die Boek van die Lewe voor die grondlegging van die wêreld  (Op. 13:8,  17:8).

 

Christus het gekom as God se aangestelde Verlosser, wat die dood tot niet gemaak het en lewe en onsterflikheid, deur die evangelie, aan die lig gebring het. Hy het gesterf en het opgestaan deur die die krag van God en word ‘n Seun van God in krag, deur die opstanding uit die dood. (Rom 1:4)

 

Die verduideliking is dus, dat dit die krag van God was wat Christus in staat gestel het om gestuur te word as God se aangewese Verlosser van die wêreld.

 

Beskik ons oor enige ander tekse wat ons teenoor hierdie hipotese kan toets?

 

Hoséa stel dit onomwonde dat daar geen Verlosser behalwe God is nie. 

  Hoséa 13 4 Tog was Ek, die HERE, jou God van Egipteland af, en buiten My het jy geen God geken nie, ja behalwe My is daar geen Heiland nie.

 

Hier, is Hy Jehovah Elohim en buiten Hom is daar geen ander Verlosser nie: In elk geval, ons weet ook dat Hy Israel uitgelei het, deur middel van die Boodskapper van Jehovah en hierdie boodskapper was die gesig van God in die woestyn, wie ook die stem van die Here was  (sien Handelinge 7:30-31).  Niemand het ooit God gesien nie: Die eniggegebore God wat in die boesem van die Vader is, het gespreek (Jhn. 1:18 sien Marshall’s Interlinear en ook die Syraic).

 

Die Here het Israel ‘n verlosser gegee op meer as een geleentheid in die Ou Testament se tyd. Hy het Christus as die Boodskapper in die woestyn gestuur om Israel uit te bring op arends vlerke.  Die Messias was die arend.  

 

God het ook aan Israel ‘n verlosser gegee toe hulle hul bekeer en Hy hulle onder die hand van die Assiriërs uitgebring het.  Dit was ook hulle Verlosser.

2Konings 13:5 5 Die HERE het aan Israel ‘n verlosser gegee, sodat hulle onder die mag van Aram uitgekom het en die kinders van Israel in hul tente kon woon soos gister en eergister.

 

Hierdie verlosser was aangewys vanaf die grondlegging van die wêreld vir die verlossing van Israel.

Génesis 48:15-16 15 En Hy het Josef geseën en gesê:  Die God voor wie se aangesig my vaders Abraham en Isak gewandel het, die God wat my as herder my lewe lank gelei het tot vandag toe, 16  die Engel wat my uit elke teëspoed verlos het – mag Hy die seuns seën, en mag deur hulle my naam genoem word en die naam van my vaders Abraham en Isak, en mag hulle vermeerder in die land in menigte.

 

Hierdie Elohim was die Engel van Verlossing van Israel

2Samuel 22:2-3 2 En hy het gesê: Die HERE is my rots en my bergvesting en my redder; 3  God is my rots by wie ek skuil; my skild en die horing van my heil, my rotsvesting en my toevlug, my verlosser; van geweld het U my verlos.

 

Hierdie is die begin van die Lied van Dawid toe Jehovah hom bevry het uit die hand van Saul en sy vyande (vgl. Ex. 15; Deut. 32).

 

Die onderskeid hier blyk te wees van die rots en die God van Dawid se rots.  Hier praat ons van die berg wat God was, en die rots, wat sonder die toedoen van mense hande, geneem is vanaf hierdie berg, en wat gestuur was om hierdie wêreld se stelsel in die laaste dae, aan die einde van die koninkryke wat genoem word in Daniël Hoofstuk 2, te vernietig,

Daniël 2:44-45 44  Maar in die dae van dié konings sal die God van die hemel ‘n koninkryk verwek wat in ewigheid nie vernietig sal word nie, en die heerskappy daarvan sal aan geen ander volk oorgelaat word nie; dit sal al daardie koninkryke verbrysel en daar ‘n end aan maak, maar self sal dit vir ewig bestaan – 45  omdat u gesien het dat sonder toedoen van mense-hande ‘n klip van die berg af losgeraak het wat die yster, die koper, die klei, die silwer en die goud verbrysel het.  Die grote God het aan die koning bekend gemaak wat hierna sal gebeur; en die droom is waar en sy uitlegging betroubaar.   

 

Die Psalms (106:21) verwys na El die Verlosser van Israel wie hulle uit Egipte uit gelei het.  Hierdie verwysing hier teen die einde van die vierde boek, of Númerie, die nommers boek van die psalms, handel met die Rus vir die Aarde en sien uit na die komende koninkryk van God.

 

Die Hebreeuse term is In die Wildernes (Bemidbar) spruit uit die vyfde woord in vers 1.  Die benaming Númerie spruit uit die Latynse  Vulgate numeri wat die Griekse woord,  Arithmoi, in die LXX vertaal.

 

Die boek Númerie, word verdeel in drie fases.  Die eerste fase handel oor die Begeerte vir Rus vir die aarde (Ps.91 tot 94).  Die tweede fase handel met die Rus vir die Aarde waarna uitgesien word. (Ps 95 tot 100).  Die laaste gedeelte is die gedeeltes vanuit Psalm 101 tot 105.  Dit is die Rus vir die aarde word gevier.  Die sonde het in die wêreld gekom en daarom word die aarde, en nie net die mens nie, vernietig.

Die Númerie boek het ‘n uitlegging in sy eie reg, maar van hieraf kan ons sien dat Psalm 106 verwys na die finale opsomming van die manier wat God met Israel handel en die vooruitsig tot die die belofte van die Verlosser.  Uit Psalm 90-91 sien ons die teenstelling dat hier in werklikheid een Psalm is, maar geskryf in twee dele deur Moses aan die begin van die agt en dertig straf jare van swerwinge in die wildernis. Psalm 91 verteenwoordig die teenstelling van diegene onder die Skaduwee van die Almagtige. Hier word hulle beskerm deur die Verlosser na wie verwys word in Ps. 106 asof vergete, maar Israel word verlos en die aarde kom tot rus aan die einde van hierdie proses. Dus, die Saligmaker hier is ook die verlosser van Israel en dus verwys ons na die Messias as die Gesig van God in die wildernis.

 

Die Verlosser is vir die eerste keer in Jesaja in detail verduidelik.

 

God gee die Engel van Jehovah bevele om deur die profeet Jesaja te praat om die koms van die Verlosser as die Messias aan te kondig.  God beveel die vestiging van die altaar vir Jehovah in Egipte in Jesaja 19:19. God sal vir hulle ‘n Verlosser stuur en ‘n stryder en hy sal hulle verlos. 

Jesaja 19:19-25 19 In dié dag sal daar ‘n altaar wees vir die HERE bine-in Egipteland en ‘n gedenksteen vir die HERE by die grens. 20  En dit sal wees ‘n teken en ‘n getuie vir die HERE van die leërskare in Egipteland; as hulle die HERE aanroep vanweë die verdrukkers, sal Hy aan hulle ‘n redder stuur en ‘n stryder wat hulle sal verlos.  21 En die HERE sal Hom aan die Egiptenaars bekend maak, en die Egiptenaars sal die HERE ken in dié dag; en hulle sal Hom dien met slagoffers en spysoffers en geloftes doen aan die HERE en dit betaal.  22 En die HERE sal die Egiptenaars slaan, slaan en genees; en hulle sal hul tot die HERE bekeer, en Hy sal hulle verhoor en hulle genees. 23 In dié dag sal daar ‘n grootpad wees van “Egipte na Assírië, en Assíriërs sal in Egipte kom, en Egiptenaars in Assírië;  en Egipte sal saam met Asírië die Here dien.  24 In dié dag sal Israel die derde wees naas Egipte en Assírië , ‘n seën op die aarde, 25  omdat die HERE van die leërskare hom geseën het, met die woorde:  Geseënd is my volk Egipte en my maaksel Assírië en my erfdeel Israel!

 

Hierdie altaar was die Tempel by Leontopolis in die nomos van Heliopolis gevestig deur die hoë-priester Onios 1V en gesluit op bevel van Vespasian in 71 NC na die val van die Jerusalem  Tempel.  Hierdie tempel was opgerig om en by 160 VC en het ‘n tenvolle funksionerende tempel gebly selfs na die val van Jerusalem in 70 NC.  Dit was spesifiek bepaal vir die Messias om na Egipte gestuur te word en was gebou as ‘n teken dat God Egipte asook Assirië naas Israel sou verlos.         

 

Hierdie profesie sou twee duisend jaar neem  om voltooi te word.  Dit duur deur die eerste en tweede koms van die Messias en dit is die rede waarom dit nie tenvolle deur die Christendom verstaan word nie.  Hulle het nie die betekenis van die koms, en die bewind van die Messias onder die duisendjarige sisteem, gesien nie.  Die meeste het die duisendjarige ryk of Chiliasme, soos dit genoem word, versaak, en verstaan dus nie hierdie profesie nie.

 

Jesaja praat van die Heilige Een van Israel wie Verlosser is.  Jesaja ontwikkel die begrip van God as Verlosser en die sending van die Verlosser deur God soos belowe word in Jesaja 19:20.  Ons sien hierdie proses in Jesaja 43 en, by Jesaja 44:6 het ‘n dualiteit ontwikkel waar daar twee entiteite in hierdie proses betrokke is.  Een is die HERE die Koning van Israel en die ander is die Verlosser, die HERE van die Leërskare of Jehova van die leërskare.  Dus die onderskeid hier is dat die Jehova die koning van Israel is ondergeskik tot die Redder deur sy God wie Jehova van die leërskare is of die Allerhoogste, die Elyon, wie die God of God die Vader is.  Hierdie God het die Messias Verheerlik as Elohim bo sy deelhenote (Ps. 45:6-7;  Heb. 1:8-9).  Hy het aan Jehova van Israel die nasie Israel gegee as sy kosbare besitting (sien Deu. 32:8-9). 

Deuteronómium 32:8-9 8 Toe die Allerhoogste aan die nasies ‘n erfdeel gegee het, toe Hy die mensekinders van mekaar geskei het, het Hy die grense van die volke vasgestel volgens die getal van die kinders van Israel. [seuns van God – (RSV)] 9  Want die HERE se deel is sy volk, Jakob is sy afgemete erfdeel.

 

“Verlosser” is die derde van drie titels in Jesaja 43:3.  God belowe toekomstige bevryding vir Israel in vers 2.  Dit is geen spesifieke  belofte aan die Saksiese ras, ook is dit nie beperk tot die kerk nie (vgl. Companion bible n. tot v. 2).

Jesaja 43:1-4 1 Maar nou, so sê die HERE, jou Skepper, o Jakob, en jou Formeerder, o Israel:  Wees nie bevrees nie, want Ek het jou verlos;  Ek het jou by jou naam geroep; jy is myne!  2 As jy deur die water gaan, is Ek by jou; en deur die riviere – hulle sal jou nie oorstroom nie;  as jy deur vuur gaan, sal jy jou nie skroei nie, en die vlam sal jou nie brand nie.  3 Want Ek is die HERE, jou God, die Heilige van Israel, jou Heiland; Ek het Egipte gegee as losprys vir jou, Kus en Seba in jou plek. 4 Omdat jy kostelik is in my oë, hooggeag is, en Ek jou liefhet, daarom gee Ek mense in jou plek en volke vir jou lewe.

 

Hier is daar ‘n belofte van die verlossing van Jakob en Israel.  Wat nie deur hierdie teks verstaan word nie is dat daar ‘n tipe/anti-tipe tussen Jakob en Israel en die twee getuies van die laaste dae is.  Dit lei tot verwarring van vele.  (Sien referaat The witnesses [135]).

 

God verklaar dat Hy Jakob en Israel vanuit die nasies sal bring en hulle verlos.  God beveel dat die blindes wat oë het en die dowes wat ore het, na vore gebring moet word  (Jes. 43:9).  Hierdie aanmerking verwys na die insig wat deur die Heilige Gees gegee word.  Die nasies word gedaag om te verduidelik en om getuies te wees van die vorige dinge, sodat hulle die waarheid mag verstaan en regverdig word.  Diegene wat regverdig word sal na God se naam vernoem word.  God het beide Jakob en Israel as sy getuies gekies.

Jesaja 43:10-21 10 Júlle is my getuie, spreek die HERE, en my kneg wat Ek uitverkies het, sodat julle kan weet en My kan glo en insien dat dit Ek is – voor My is geen God geformeer nie, en ná My sal daar geeneen wees nie. 11 Ek, Ek is die HERE, en daar is geen Heiland buiten My nie. 12 Ek het verkondig en verlos en dit laat hoor, en daar was geen ander God onder julle nie; en julle is my getuie, spreek die HERE, en Ek is God. 13 Ook van vandag af is Ek dit, en niemand red uit my hand nie; Ek werk en wie kan dit keer? 14 So sê die Here, jou Losser, die Heilige van Israel: Om julle ontwil het Ek na Babel gestuur, en Ek sal hulle almal as vlugtelinge neerwerp, naamlik die Galdéërs in die skepe waar hulle op gejuig het.  15 Ek is die HERE julle heilige; die Skepper van Israel, julle Koning.  16 So sê die HERE wat in die see ‘n weg en in die sterk waters ‘n pad gemaak het, 17 wat waens en perde, leërmag en held laat uittrek het: tesame lê hulle, hulle sal nie opstaan nie; hulle is uitgeblus, soos ‘n lamppit uitgedoof.  18 Dink nie aan die vorige dinge nie, en slaan geen ag op wat vroeër gebeur het nie. 19 Kyk, Ek gaan iets nuuts maak; nou sal dit uitspruit;  sal julle dit nie merk nie?  Ja, Ek maak ’n pad in die woestyn, riviere in die wildernis.  20 Die wilde diere van die veld sal My eer, die jakkalse en die volstruise; want Ek gee waters in die woestyn, riviere in die wildernis om my volk, my uitverkorene, te laat drink.  21 Die volk wat Ek vir My geformeer het, hulle sal my lof verkondig.

 

Hier was Jehova elohim van Israel, Hy was hulle Heilige Een en hulle Velosser.

 

In hierdie teks praat ons van die proses van delegering van die Vader na die Messias as Elohim, gesalf deur die elohim bo sy metgeselle (Ps. 45:6-7).

 

In Jesaja 45 sien ons hierdie delegering en doel van die verwekking van die gesalfdes vir die verlossing van Jakob, God se kneg, en Israel, God se uitverkorenes (Jes. 45:1-4). Ons praat hier van die Vader soos gesien kan word uit Jesaja 45:11 vlg.

 

 Jesaja 45:11-25 11 So sê die HERE, die Heilige van Israel en sy Formeerder: Vra My aangaande die toekomstige dinge;  vertrou my seuns en die werk van my hande aan My toe!  12 Ek het die aarde gemaak en die mens daarop geskape; Ek – my hande het die hemel uitgespan, en Ek het aan die ganse leërskare bevel gegee.  13 Ek het hom verwek in geregtigheid, en al sy weë sal Ek gelyk maak; hý sal my stad bou en my ballinge loslaat sonder koopprys en sonder geskenk, sê die HERE van die leërskare.  14 So sê die HERE: Die opbrings van Egipte en die handelswins van Kus en die Sabeërs, manne van hoë gestalte, sal na jou oortrek en joue wees; hulle sal agter jou loop;  ‘n ketting sal hulle oortrek en hulle voor jou buig;  hulle sal jou smeek en sê : Waarlik, God is in jou; en anders is daar geen, geen God meer nie!  15  Waarlik, U is ‘n God wat U verborge hou, die God van Israel, die Heiland .  16  Hulle het beskaamd gestaan en ook in die skande gekom, hulle almal; hulle het tesame met skande heengegaan - die wat afgode maak. 17  Israel word verlos deur die HERE met ‘n ewige verlossing;  julle sal nie beskaamd staan of in die skande kom tot in alle ewigheid nie.  18  Want so sê die HERE, wat die hemele gekape het – Hy is God! – wat die aarde geformeer en dit gemaak het – Hy het dit bevestig;  Hy het dit nie geskape om woes te wees nie, maar dit geformeer om bewoon te word – Ek is die HERE, en daar is geen ander nie.  19 Ek het in die geheim nie gespreek nie – op ‘n plek van die donker land; Ek het vir die geslag van Jakob nie gesê: Soek My tevergeefs nie.  Ek is die HERE wat geregtigheid spreek, wat regte dinge verkondig.  20 Versamel julle en kom, kom almal nader, julle wat uit die nasies ontvlug het!   Hulle weet niks, wat die hout van hul gesnede beeld dra en ‘n god aanbid wat nie kan verlos nie.  21  Verkondig en bring voor, ja laat hulle saam raad hou:  Wie het dit van ouds af laat hoor, lank tevore dit verkondig?   Is dit nie Ek nie, die HERE?  En buiten My is daar geen ander God nie;  ‘n regverdige God, en buiten My is daar geen Heiland nie.  22 Wend julle tot My en laat julle red, alle eindes van die aarde!  Want Ek is God en daar is geen ander nie.  23 Ek sweer by Myself; geregtigheid gaan uit my mond, ‘n woord wat nie herroep word nie: dat voor My elke knie sal neerbuig, by My elke tong sal sweer. 24  Hulle sal van My sê; Alleen in die HERE is volle geregtigheid en sterkte;  na Hom sal hulle kom;  maar hulle almal sal beskaamd staan wat op Hom toornig is.  25 In die Here sal geregverdig word en hulle beroem die hele geslag van Israel.

In hierdie teks het ons Jehova van die leërskare wat praat van die Verlosser en gesalfde een wie die stede van Israel sal bou sonder koopprys en sonder geskenk.  Hier is dit God wie die Verlosser is.  Maar God het alreeds in Jesaja 19:20 verklaar dat Hy ‘n gesalfde een of Verlosser sal aankondig en, so is die funksie van Verlosser ‘n gedelegeerde funksie.  Hier gaan dit oor God se seuns  (Jesaja 45:11) of kinders. (RSV)

 

Jesaja 45:23 is in Romeine 14:11 en Filipppense 2:10 aangehaal. Paulus verwys duidelik in hierdie teks na God en nie na Christus nie

Romeine 14:10-12 10 Maar jy, waarom oordeel jy jou broeder?  Of jy ook, waarom verag jy jou broeder?  Want ons sal almal voor die regterstoel van Christus gestel word.  11 Want daar is geskrywe: So waaragtig as Ek lewe, sê die HERE, voor My sal elke knie buig, en elke tong sal God bely.  12 So sal elkeen van ons dan vir homself aan God rekenskap gee.

Verder word dit deur Paulus in Filippense verduidelik dat die verheffing van die Messias, na sy dood en opstanding, deur sy gehoorsaamheid bekragtig is.  (vgl Rom. 1:4).

 

Filippense 2:5-11 5 Want hierdie gesindheid moet in julle wees, wat ook in Christus Jesus was.  6 Hy wat in die gestalte van God was, het dit geen roof geag  om aan God gelyk te wees nie, 7  maar het Homself ontledig deur die gestalte van ‘n dienskneg aan te neem en in die gelykenis van mense te kom;  8  en in gedaante gevind as ‘n mens, het Hy Homself verneder deur gehoorsaam te word tot die dood toe, ja die dood van die kruis. 9 Daarom het God Hom ook uitermate verhoog en Hom ‘n naam gegee wat bo elke naam is, 10 sodat in die Naam van Jesus sou buig elke knie van die wat in die hemel  en die wat op die aarde en die wat onder die aarde is, 11  en elke tong sou bely dat Jesus Christus die Here is tot heerlikheid van God die Vader.

Die proses was dus deur Paulus verstaan as een van delegering van die Vader tot die Messias vir die groter glorie van God die Vader.  Daar is geen Trinitariër of Modalist dualiteit van God nie, maar wel ‘n proses van delegering van mag en gesag, deur gehoorsaamheid.  Christus was in die gestalte van God maar het nie, soos Satan gedoen het, begeer om gelyk met God te wees nie (Jesaja 14:14; Eség. 28:14-18).

 

In Jesaja 49 lees ons dat die Messias genoem word as die een wat geroep is van die moederskoot af en sy mond is gemaak soos ‘n skerp swaard.

Jesaja 49:1-6 1 Hoor na My, eilande, en luister, volke wat ver is!  Die HERE het My geroep van die moederskoot af, van my geboorte af het Hy my naam genoem.  2 En Hy het my mond gemaak soos ‘n skerp swaard, in die skaduwee van sy hand het Hy My verberg; en Hy het My‘n skerp pyl gemaak, in sy pylkoker My weggesteek; 3 en Hy het vir My gesê: Jy is my Kneg, Israel in wie Ek My verheerlik. 4  Maar Ek het gesê:  Tevergeefs het Ek My vermoei, my krag vir niks en vrugteloos verteer!  Nogtans is my reg by die HERE, en my loon is by my God.  5 En nou sê die HERE wat My van die moederskoot af geformeer het om sy Kneg te wees, om Jakob na Hom terug te bring en dat Israel by Hom versamel mag word – en Ek word geëer in die oë van die HERE, en my God is my sterkte – 6 Hy het gesê: Dit is te gering dat U my Kneg sou wees om op te rig die stamme van Jakob en terug te bring die gespaardes in Israel:  Ek het U gemaak ’n lig van die nasies om my heil te wees tot aan die einde van die aarde.

Dus was die Messias as ‘n lig vir die nasies gegee sodat die verlossing van God mag strek tot aan die einde van die aarde.  Hier sien ons dat dit deur Israel is dat verlossing sal uitbrei.  Dus word die Messias, Israel, en, die Kerk, soos voorspel, die liggaam van Christus, en deur Israel, is die enigste wyse van verlossing deur Jesus Christus.

 

God het bepaal dat konings sal kom om hulself neer te buig voor Hom wie hulle verafsku het, die kneg van heersers.        

Jesaja 49:7-13 7 So sê die HERE, die Verlosser van Israel, sy Heilige, vir die diep veragte, vir Hom wat ‘n afsku is by die volk, ‘n Kneg van die heersers:  Konings sal dit sien en opstaan, vorste, en hulle sal hul neerbuig terwille van die HERE wat getrou is, van die Heilige van Israel wat U uitverkies het.  8 So sê die HERE: In die tyd van die welbehae het Ek U verhoor, en in die dag van heil het Ek U gehelp; en Ek behoed U en gee U as ‘n verbond van die volk om die land weer op te rig, om verwoeste erfenisse te laat beërwe;  9  om te sê vir die gevangene:  Gaan uit!  Vir hulle wat in duisternis is: Kom te voorskyn!  By die paaie sal hulle wei, en op al die kaal heuwels sal hulle weiveld wees.  10 Hulle sal geen honger en geen dors hê nie en die woetyngloed en die son sal hulle nie steek nie; want hulle Ontfermer sal hulle lei en hulle saggies aanbring na die fonteine van water.  11 En Ek sal al my berge tot ‘n weg maak, en my grootpaaie sal opgevul wees. 12 Kyk, hulle hiér kom van ver, en kyk hulle daár kom van die noorde en van die weste, en hulle daár kom uit die land van die Siniete.  13 Jubel, o hemele, en juig, aarde; en berge, breek uit in gejubel!  Want die HERE troos sy volk en ontferm Hom oor sy ellendiges.

 Dus die Messias moes geteister en verag word maar nogtans sou God hom verheerlik en hy sou God se instrument van verlossing van al die nasies word. Hy sou God se Heilige Een word.  God sê dat Sion sal sê dat Jehova hulle verlaat en vergeet het.  God verklaar dat Hy Israel sal red.

Jesaja 49:22-26 22 So sê die Here HERE: Kyk, Ek sal my hand ophef na die nasies en my banier opsteek na die volke; dan sal hulle jou seuns in die arms bring, en jou dogters sal op die skouer gedra word; 23 en Konings sal jou oppassers wees, hulle vorstinne jou pleegmoeders; hulle sal voor jou neerbuig met die aangesig na die aarde toe en die stof van jou voete lek;  en jy sal weet dat Ek die HERE is, dat hulle nie beskaamd staan wat My verwag nie.  24 Sal van ‘n held die buit afgeneem word?  Of sal die gevangene van ‘n regverdige ontvlug? 25 Waarlik, so sê die HERE: Ja, die gevangene van die held sal afgeneem word, En die buit van die tiran sal ontvlug; en jou bestryder sal Ek bestry en jou kinders sal Ek verlos.  26 En Ek sal jou verdrukkers hulle eie vlees laat eet, en van hulle eie bloed sal hulle dronk word soos van mos.  Dan sal alle vlees gewaar word dat Ek, die HERE, jou Heiland is, en jou Verlosser die Magtige van Jakob.                                                                      

 

Dus het God die Messias as Verlosser gegee om die verbond van God, namens Hom, op te rig as Verlosser.  Jesaja praat hiervan as deurgevoer tot die laaste dae en die koms van die Messias na Sion. By hierdie tyd is daar geen vrede nie.  Regverdigheid en waarheid het verval en geregtigheid is onderdruk (Jes. 59:1-14). Toe die Here sien daar is geen bemiddelaar nie, het Hy opgetree.

Jesaja 59:15-21 15 Ja, die waarheid word vermis; en wie afwyk van die kwaad, word geplunder. – Toe het die HERE dit gesien en dit was verkeerd in sy oë dat daar geen reg was nie.  16 En Hy het gesien dat daar niemand was nie en Hom verbaas dat niemand tussenbeide tree nie; daarom het sy arm Hom gehelp en sy geregtigheid het Hom ondersteun.  17 En Hy het geregtigheid aangetrek soos ‘n pantser, en die helm van heil was op sy hoof; en die klere van wraak het Hy aangetrek as kleding en Hom gewikkel in die ywer soos in ‘n mantel.  18 Volgens die dade, daarmee ooreenkomstig sal Hy vergelde: Grimmigheid aan sy teëstanders, vergelding aan sy vyande;  aan die eilande sal Hy die loon vergelde.  19 En hulle sal die Naam van die HERE vrees van die westekant af, en sy heerlikheid van die opgang van die son af; want Hy sal kom soos ‘n saamgeperste stroom wat die asem van die HERE aandrywe.  20 Maar vir Sion kom Hy as Verlosser en vir die wat hulle bekeer van oortreding in Jakob, spreek die HERE.  21 Wat My aangaan, dit is my verbond met hulle, sê die Here: My Gees wat op jou is, en my woorde wat Ek in jou mond gelê het, sal uit jou mond nie wyk nie, en ook nie uit die mond van jou kroos en uit die mond van die kroos van jou kroos, sê die HERE, van nou af tot in ewigheid nie.

 

Onder God se leiding was Christus, op die bepaalde tyd, deur God gestuur. Op hierdie tema word daar verder uitgebrei in Jesaja 60:1-7.

Jesaja 60:1-7 1 Staan op, word verlig; want jou lig kom, en die heerlikheid van die HERE gaan oor jou op.  2 Want kyk, die duisternis sal die aarde oordek en donkerheid die volke;  maar oor jóu sal die HERE opgaan en sy heerlikheid oor jou gesien word.  3 En nasies sal trek na jou lig, en konings na die glans wat oor jou opgegaan het.  4 Slaan jou oë rondom op en kyk – hulle almal kom bymekaar, hulle kom na jou toe; jou seuns kom van ver, en jou dogters word op die heup gedra.  5 Dan sal jy dit sien en straal van vreugde, en jou hart sal sidder en verruim word; want die rykdom van die see gaan na jou toe oor, die skatte van die nasies kom na jou toe aan.  6  ‘n Menigte van kamele sal jou oordek, die jong kamele van Mídian en Efa; hulle sal almal uit Skeba kom;  hulle bring goud en wierook en verkondig met blydskap die roemryke dade van die HERE.  7 Al die kleinvee van Kedar sal vir jou bymekaargemaak word, die ramme van Nebájot sal jou dien; hulle kom as welgevallige offer op my altaar, en Ek sal my heerlike huis heerlik maak.                        

 

Hierdie Heilige Een van Israel verheerlik Israel in die naam van God.  Dit is die hele tema van Jesaja 60:8-22.  Jerusalem sal, as die Heilige Stad, herstel word na ‘n lang en verlate tydperk van verwaarlosing.

Jesaja 60:15-22 15 In plaas van dat jy verlate en gehaat is sonder dat iemand daar deurtrek, sal Ek jou maak tot ‘n ewige heerlikheid, ‘n vreugde van geslag tot geslag.  16 En jy sal die melk van nasies suig en die bors van konings suig en sal weet dat Ek, die HERE, jou Heiland is en jou Losser die Magtige van Jakob.  17 Vir koper bring Ek goud en vir yster bring Ek silwer, en vir hout koper en vir klippe yster; en Ek sal Vrede as jou owerheid aanstel en Geregtiheid as jou bestuurders.  18 van geweld sal in jou land nie meer gehoor word nie – van geen verwoesting of verbreking in jou grondgebied nie; maar jy sal jou mure Heil noem en jou poorte Lof.  19 Die son sal bedags jou lig nie meer wees nie, en as glans sal die maan vir jou geen skynsel gee nie; maar die HERE sal vir jou wees ‘n ewige lig, en jou God sal jou sieraad wees.  20 Jou son sal nie meer ondergaan nie, en jou maan nie kleiner word nie; want die HERE sal vir jou wees ‘n ewige lig, en die dae van jou treurigheid is verby.  21En jou volk sal almal die geringste ‘n magtige nasie.  Ek die HERE sal dit op die regte tyd gou laat kom.regverdiges wees, vir ewig sal hulle die land besit – as lote deur My geplant, ‘n werk van my hande, tot my verheerliking 22 Die kleinste sal ‘n geslag word, en

 

Vanaf hier word ons direk na die fokus punt van hierdie verlossing geneem. -   Jesaja 61:1-11

Jesaja 61:1-11 1 Die gees van die Here HERE is op My, omdat die HERE my gesalf het om ‘n blye boodskap te bring aan die sagmoediges; Hy het My gestuur om te verbind die gebrokene van hart, om vir die gevangene ‘n vrylating uit te roep en vir die geboeides opening van die gevangenis;  2  om uit te roep ‘n jaar van die welbehae van die HERE en ‘n dag van die wraak van onse God; om al die treurendes te troos;  3  om vir die treurendes in Sion te beskik dat aan hulle gegee word sieraad vir as, vreugde-olie vir treurigheid, ‘n gewaad van lof vir ‘n verslae gees; sodat hulle genoem kan word eikebome van geregtigheid, ‘n planting van die HERE tot sy verheerliking.  4 En julle sal die ou puinhope bou, die verwoeste plekke uit vroeër dae weer oprig en die verwoeste stede weer nuut maak wat woes was van geslag tot geslag.  5 Die vreemdelinge sal staan en julle kleinvee oppas, en uitlanders sal julle landbouers en wynboere wees.  6 Maar júlle sal priesters van die HERE genoem word; aan julle sal gesê word:  Dienaars van onse God!  Julle sal die rykdom van die nasies eet en op julle heerlikheid julle beroem 7 In plaas van julle skande ontvang julle’n dubbele deel:  en in plaas van die smaad sal hulle jubel oor hul deel  Daarom sal hulle in hul land ‘n dubbele deel in besit neem, ewige vreugde geniet.  8 Want Ek, die HERE, het die reg lief; Ek haat die roof met onreg, en Ek sal hulle getrou hul loon gee en ‘n ewige verbond met hulle maak.  9 En hulle nageslag sal bekend word onder die nasies en hulle nakomelinge onder die volke; almal wat hulle sien, sal hulle daarvoor aansien dat hulle ‘n geslag is wat die HERE geseën het.  10 Ek is baie bly in die HERE, my siel juig in my God; want Hy het my beklee met die klere van heil, in die mantel van geregtigheid my gewikkel – soos ‘n bruidegom wat priesterlik die hoofversiersel ombind, en soos ‘n bruid wat haar versier met haar juwele.  11 Want soos die aarde sy plante voortbring, en soos ‘n tuin sy gewasse laat uitspruit, so sal die here HERE geregtigheid en lof laat uitspruit voor die oog van al die nasie.

 

Christus het die aanmerkings in Jesaja 61:1-2 gemaak maar het homself by vers 2, by die punt van ‘n jaar van die welbehae van die HERE, kortgeknip.  Die res van die teks, ‘n dag van die wraak van onse God, verwys na die tweede koms en hierdie staduim was nog nie bereik nie en sal ook nie bereik word vir sowat twee duisend jaar (of veertig Jubileums) nie.   Christus het egter, vanuit die vertelling in Luk.4:18-19 gewys dat hy die Messias, die afgevaardigde Verlosser van Israel was, wat deur God gestuur is om in die gees of ruach van Adonai Yahovah te spreek om hulle te verlos.

 

Hier word ons gesien asof bedek met die kledingstuk van verlossing en die mantel van geregtigheid soos die bruidegom homself optooi en die bruid haarself versier.  Dus, die Messias is die Verlosser as die bruidegom van Israel en die uitverkorenes die bruid aangestel deur God om die uitverkorenes en familie van God as seuns van God te word.  Ons sal regeer vanuit Jerusalem wat Heilig is (Jes. 62:1-12).  Vanaf hierdie punt word ons die Heilige volk, die verlostes van die Here  (Jes.62:11-12). Dit is die betekenis van die terme verkose priesterskap en die nasie van konings, en ons sal op die aarde heers  (Opg. 5:10).

 

Dus sien ons dat God die Verlosser van ons almal is.  Hy het die Messias aangestel as Sy agent, en die Messias is dus Verlosser deur delegering totdat alle beheer en outoriteit onder hom geplaas is.  Daarom kon Maria (of Mariam) haar verheug in God haar Verlosser toe sy besef dat sy die Messias sou baar (Luk. 1:47 vlg.).  In hierdie sin word dus die onbepaalde betekenis van ‘n Verlosser gebruik.    

Lukas 2:11 11 dat vir julle vandag in die stad van Dawid gebore is die Verlosser wat Christus, die Here, is.

Daar is geen bepaalde artikel met die uitdrukking sõter nie. (SHW 4990).  Hierdie uitdrukking is konsekwent en word vertaal volgens SHW 3467 as yâsha’ wat beteken om wyd oop of vry te wees – daarom veilig of bevry of bystaan.

 

Hierdie Verlosser was verwag en die Samaritane het erken dat dit Jesus Christus was (Jhn. 4:42).

 

Petrus en die apostels verduidelik die natuur van Christus as Verlosser.

Handelinge 5:30-32 30 Die God van ons vaders het Jesus opgewek, wat julle omgebring het deur Hom aan ‘n kruishout te hang.  31 Hom het God as ‘n Leidsman en Verlosser deur sy regterhand verhoog om aan Israel bekering en vergifnis van sondes te skenk.  32 En ons is sy getuie van hierdie dinge, en ook die Heilige Gees wat God gegee het aan die wat Hom gehoorsaam is.

 

Hulle het verstaan dat God Hom na Israel gebring het.  Dus, die die Messias was Verlosser deur gedelegeerde outoriteit

Handelinge 13:22-23 22 En nadat Hy hom afgesit het, het Hy Dawid vir hulle verhef as koning, van wie Hy ook gesê en getuig het: Ek het Dawid, die seun van Isai, gevind, ‘n man na my hart, wat al my welbehae sal doen.  23 Uit die nageslag van hierdie man het God vir Israel, volgens die belofte, Jesus as Verlosser verwek.

God het vir Christus as Verlosser aangestel. Daarom kan daar geen twyfel bestaan oor die geskikte offerande van Jesus Christus as ons Verlosser nie.

Die verhouding van Verlosser tot verloste is sentraal tot God se doel.

Eféseërs 5:23 23 Want die man is die hoof van die vrou soos Christus ook Hoof is van die gemeente; en Hy is die Verlosser van die liggaam.

 

God is dus deel van Christus soos Hy deel van ons is.  God is ons Verlosser soos Christus ons Verlosser is want hulle is in ons en ons in hulle.  Ons burgerskap is in die hemel as deel van die familie van God, as seuns van God en mede-erfgename met Christus en die hemelse leërskare.

Filippense 3:20 20 Want ons burgerskap is in die hemele vanwaar ons ook as Verlosser verwag die Here Jesus Christus.

 

Hier sien ons weer die onbepaalde artikel wat gebruik word sodat God, en nie Christus nie, die middelpunt is, en dat Christus optree onder die aansporing van die Vader wie hom gestuur het. Dit is ook die betekenis van Job 33:23-24.

Job 33:23-24 23 Is daar dan vir hom ‘n gesant, ‘n tolk, een uit duisend, om die mens sy plig te kenne te gee;  24 en is Hy hom genadig en sê:  Verlos hom, dat hy in die kuil nie afdaal nie;  Ek het ‘n losprys gevind.

 

Die term is gesant en dit is die betekenis van hoé die term gebruik was vir al die seuns van God.

 

Ons sien dus Paulus se waarneming van hierdie betekenis wat ook duidelik voorkom in sy brief aan Timótheüs asook in die brief aan Titus.

 

Weereens verwys Paulus in Titus 1:3. na God as ons Verlosser en in vers 4, na Christus as ons Verlosser.

Titus 1:3-4 3 Maar op die regte tyd sy woord bekend gemaak het deur die prediking wat aan my toevertrou is, ooreenkomstig die gebod van God, ons Verlosser – aan Titus, my ware kind volgens die gemeenskaplike geloof;  4  Genade, barmhartigheid, vrede van God die Vader en die Here Jesus Christus, ons Verlosser!

 

Die gewone gebruik is uit bogenoemde duidelik waarneembaar. Dit is nie ‘n weerspreking nie en is ook glad nie ‘n bevestiging van ‘n “Drie-enige God” nie.

 

Hierdie betekenis word in Titus 2:10-13 herhaal.

Titus 2:10-13 10 hulle moet niks ontvreemd nie, maar alle goeie trou betoon, sodat hulle die leer van God, ons Verlosser, in alles kan versier.  11 Want die reddende genade van God het aan alle mense verskyn  12 en leer ons om die goddeloosheid en wêreldse begeerlikhede te verloën, ingetoë en regverdig en vroom in die teenwoordige wêreld te lewe,  13  terwyl ons die salige hoop en die verskyning van die heerlikheid verwag van die grote God en ons Verlosser,  Jesus Christus.

 

Hier word nie na Christus as Verlosser verwys nie maar as die verskyning van ons groot God en Verlosser.  Dus, die woorde Jesus Christus hier verwys na die verskyning en nie na God op sigself nie.  Van die woordrang in die Grieks, word dit afgelei dat Christus hier as God en Verlosser bedoel word, wat nie die geval is nie. Die verskyning van Die Glorie van God is hier aan Christus gegee soos dit weergegee was in die Gerubim (Sien die referaat The Ark of the Covenant [196]).

 

Die betekenis in Titus1:3-4 word in Titus 3:4-6  herhaal.

Titus 3:4-6 4 Maar toe die goedertierenheid van God, ons Verlosser, en sy liefde tot die mens verskyn het – 5 nie op grond van die werke van geregtigheid wat ons gedoen het nie, maar na sy barmhartigheid het Hy ons gered deur die bad van die wedergeboorte en die vernuwing deur die Heilige Gees.  6 wat Hy ryklik uitgestort het op ons deur Jesus Christus, ons Verlosser.

Hier sien ons dieselfde gedeligeerde gedagte proses wat ons vind in die profete en klaarbleiklik word dit deur Paulus gebruik om die verhouding te verduidelik.

 

Dus, uit die Ou Testament se profete kan ons die tweeledige gebruik van die terme en die aanwending daarvan, vanaf God na Jesus Christus, verstaan.  God is ons Verlosser, en Hy het Christus aangestel om vir ons te sterf as ons Verlosser sodat beide God en Christus in ons kan lewe, sodat God, deur die Heilige Gees, alles in almal kan word. Dus kan ons almal een God en Vader hê.

   Efésiërs 4:6 6 Een God en Vader van almal wat oor almal en deur almal en in julle almal is.

 

q